Lang gras in leë erwe word vinnig kortgeknip

Gehawende erwe skep die perfekte wegkruipplek vir kwaaddoeners en daarom word eienaars gevra om hul erwe wat onbewoon is, op gereelde basis netjies en skoon te hou.

Op Woensdagaand 17 April, het AfriForum Buurtwaglede tydens ’n patrolleringsoperasie weer gesien dat die gras in leë erwe wat nie in toom gehou word nie, dit maklik maak vir kriminele en hul bedrywighede.

Die L-vormige erf in Noordend– en Kotzestraat, was een van die erwe wat moeilik was om te deursoek as gevolg van die lang gras. Daar is met die plaaslike munisipaliteit gereël dat die gras op die erf gesny word. Baie dankie aan die personeel van Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit vir hulle spoedige optrede om dié erf teen Donderdag, 18 April netjies te hê.

Op die hoek van Draad– en Kotzestraat was daar ook ’n leë erf wat bebos was met lang gras. Dankie aan die plaaslike dokter wat gereël het dat die gras ook daar gesny word. Indien jy ’n eienaar is van ’n leë erf, maak asseblief werk daarvan en onderhou jou eiendom.

Nie net skep dit die ideale wegkruipplek vir kriminele nie, maar hou egter ook ’n gesondheidsrisiko in met peste wat graag nesmaak in die lang gras. Sou jy dalk hulp verlang, kontak gerus ’n woordvoerder van die AfriForum Buurtwag burgerregteorganisasie in Piet Retief, mnr. Gerhard Böhmer, by 083 727 4766.

Mnr. Böhmer kan ook gekontak word indien jy sou belang stel om jou hulp aan te bied met die skoonmaak van leë erwe of dalk tuingereedskap wil skenk om hul taak te vergemaklik.

Grass Trimming Time – Have you ever noticed how dilapidated the town’s grass fields and sidewalks are?

The community would herewith like to ask the responsible department to please cut the grass in the fields, on the sidewalks and bushy areas in town and surroundings.Due to the fact that the grass is overgrowing on the sidewalks, pedestrians have to make use of the road when walking or exercising.

This raises a concern because people can easily be run over by a motorist. The overgrown fields are also the perfect hiding place for all sorts of creatures like snakes, which can have dangerous consequences as well. Criminals also make use of the long grass to hide in. All over town as well as on the outskirts of eThandakukhanya (on the Wakkerstroom road) the grass and weeds are so high that it causes a problem for motorists who cannot see oncoming traffic when stopping at a crossing and this will lead to a serious accident.

The Municipal Manager, Mr. W. Nkonyane, has been notified about this problem and an urgent response from him is awaited. Let’s all hope that the tractors will make their appearance in a hurry so that our fields and sidewalks can be picture perfect once again!