Ongelukke op Ermelopad

Vanaf 23-29 April is daar net vier ongelukke gerapporteer, een op die Emahlathinipad en drie op die Ermelopad.

Inligting is aan Excelsior Nuus verskaf deur mnr. Anton Nortje, Hoof van die Mkhondo Nooddienste. Vir volledige besonderhede oor ’n betrokke ongeluk skakel hom gerus by 079 872 8989 23 April: Omstreeks 18:00, het daar ’n voertuig op die grondpad vanaf die Emahlathini Grenspos gereis in Piet Retief se rigting. Volgens die verslag het die bestuurder beheer verloor en die voertuig het tussen die bome beland.

Die bestuurder was alleen in die voertuig en is oorlede. 25 April: Teen ongeveer 17:00 is noodpersoneel na ‘n ongeluk op die Ermelopad waar een persoon lig beseer is. Na bewering het ‘n silwer Toyota Camry vanaf PG Bison in die hoofpad ingedraai in Ermelo se rigting.

Die bestuurder was nie bewus van die wit Corsa bakkie agter ‘n aankomende vragmotor nie en het met die indraaislag teen die Corsa bakkie gebots. 28 April: Volgens die verslag het die bestuurder van ‘n wit Nissan Navara om- 23 -29 April 2019 streeks 06:00, vanaf Piet Retief op die Ermelopad beheer verloor en die voertuig gerol.

Die bestuurder van die voertuig het gevlug voor die noodpersoneel op die toneel aangekom het. 29 April: Omstreeks 05:30, is een persoon ernstig beseer in ’n ongeluk wat op die Ermelopad (Wildrand area) plaasgevind het.

Na bewering was dit baie mistig toe die bestuurder van ’n silwer Isuzu bakkie in die rigting van Piet Retief ’n ander voertuig verbygesteek het. ’n Wit Toyota Corolla wat in die teenoorgestelde (Ermelo) rigting gereis het, en die Isuzu bakkie het al twee uitgeswaai na dieselde kant toe en langs die pad kopaan- kop gebots.

Mnr. Nortje doen ’n ernstig beroep op motoriste om versigtig te wees wanneer dit mistig is op die pad, ry eerder stadig en skakel die nodige ligte (NIE PARKEERLIGTE NIE!) aan.