Vragmotorongeluk op die N2 (Ermelopad)

Weens ’n vragmotorongeluk, wat die afgelope week plaasgevind het, het Noodpersoneel vir ’n geruime tyd die N2 (rigting Ermelo) gesluit weens ’n brandstof lekkasie.

Die onderstaande ongeluksverslag is aan die Excelsior Nuus gegee deur mnr. Anton Nortje, Hoof van die Mkhondo Fire and Rescue Eenheid en indien enigiemand navrae het aangaande dié betrokke ongeluk, kan hy gekontak word op 079 872 8989. Omstreeks 20:00, op Saterdagaand, 13 April, is Noodpersoneel ontbied na ’n ongelukstoneel op die Ermelopad waarin ’n vragmotor omgeslaan en die pad versper het.

Met hul aankoms op die toneel, is daar vinnig vasgestel dat geeneen enige beserings opgedoen het nie, maar dat die pad gesluit sou moes word, weens die gevaar van brandstof wat uitgeloop het oor die ryvlak van die pad.

Dit sou ’n groot gevaar vir motoriste inhou. Na bewering het die drywer van die vragmotor ’n ongeluk probeer vermy toe nog ’n vragmotorbestuurder (wat voor hom gery het), onverwags ‘n Udraai gemaak het.

Hy het genoem dat hy uitgeswenk het vir die vragmotor voor hom en toe hy probeer om sy eie vragmotor weer in die korrekte baan te bring, het die swaar vrag agterop (houtvrag) die vragmotor omgekeer en dit het veroorsaak dat die vragmotor op sy linkersy tot stilstand kom. Noodpersoneel op die toneel het bykans 25 sakke sement gebruik om die diesel-uitloop te absorbeer en so spoedig moontlik die N2 weer geopen vir verkeer.

Speed bumps in dire need of repairs

The speed bumps in Von Brandis Street are becoming a danger for road users as years of neglect have left them in desperate need of care.

Navigating the potholes is hard without having to worry about not being able to see the road humps properly. Not only are they hard to see but they are also not properly indicated. Signs showing that you are approaching a speed hump were put so far ahead of the bumps that you don’t know when exactly you are about to cross over them.

Not to worry! With a new coat of paint and a little care, this problem could be something of the past. We urge the Mkhondo Municipality to ask their roads department to take a look at this and take care of these “sleeping policemen”.