Ontspannende voetmassering by Silwerjare Dienssentrum

Wat kan nou beter wees as ’n ontspannende voetmassering en smaaklike kos, wat gepaardgaan met goeie geselskap en ’n lafenis vir die keel?

Op Donderdagoggend, 4 April, het lede van die Silwerjare Dienssentrum bymekaargekom vir ’n kuiertjie. Die lede is almal bederf met ’n ontspannende voetmassering, voetwas en –massering deur personeellede van drie plaaslike skoonheidsalonne naamlik Earth Angel, Marlique Salon en Annjica Day Spa.

Gelukwense is ook in orde vir mnr. Thys Kotze, wat op Donderdag sy 92ste verjaarsdag gevier het! Die gaste het almal saam vir oom Thys gesing terwyl hulle weggelê het aan ’n smaaklike stukkie koek.

Baie geluk, oom! God se rykste seën word oom toegewens. Graag wil die organiseerders van die spesiale dag elkeen hartlik bedank wat bydraes gelewer het. Dankie aan Chop Shop Slaghuis vir die skenking van die vleis wat gebraai is asook die personeellede van die skoonheidsalonne wat jul tyd opgeoffer het om die oggend saam met ons te spandeer. Tot volgende keer!