Essensiële olies en natuurlike produkte bly tops! Anessa Coetser

Het jy geweet dat essensiële olies en die gebruik van natuurlike produkte in jou huis asook op jou liggaam en hare nie net uiters goed is vir jou nie, maar ook geen skade vir die omgewing inhou nie?

Op Donderdag, 14 Maart, het die dames van die VLU-Saligna tak by Annemarie Davis aan huis gekuier en tydens hul maandelikse vergadering, het Annatjie Kaltwasser die dames toegespreek oor die gebruik van essensiële olies asook natuurlike produkte.

Annatjie het die dames ingelig dat ’n mens liewer jou eie lugverfrissers moet maak deur essensiële olies in jou huis te brand. Dit is blykbaar glad nie skadelik vir die omgewing of vir menslike gebruik nie en hou ook baie medisinale gebruike in.

Essensiële olies en natuurlike produkte bly tops!Alternatiewe verfrissers, soos die wat ’n mens in die winkel koop, bevat verskeie chemikalieë wat skadelik is wanneer dit ingeasem word. Die dames het ’n baie insiggewende vergadering gehad en daar word beplan om van nou af net gebruik te maak van wat moeder natuur vir ’n mens kan bied.

Die dames is ook gelaat met ’n pragtige gedagte vir die dag, “Don’t let any obstacles stand in the way of reaching your dreams.” Aprilmaand is bedrywig. Op Saterdag, 6 April, kom daar ’n gasspreker van Ermelo by Green Door Gastehuis ’n draai maak en besoekers kan uitsien na ’n leersame praatjie oorgefermenteerde groente.

Op Saterdag, 27 April, sal daar ’n Appliekkursus by Green Door Gastehuis aangebied word. Almal is welkom om die gebruike, wenke en allerlei nuwe tegnieke van appliek te kom leer. Vir meer inligting aangaande die VLUSaligna tak of om aan te sluit by hierdie dinamiese groep dames, kontak gerus vir Elbie van der Schyf op 082 776 3118.