VLU-Piet Retief tak nuus - Orgaanskenking

Dit was weer sulke tyd en op Vrydag, 1 Maart, het die dames van die VLU-Piet Retief tak ’n insiggewende samekoms by Zesty Restaurant gehad.

Mnr. Gert van Rensburg het die dames kom inlig oor orgaanskenking en dit was voorwaar baie interessant. Hy self het onlangs ’n nier ontvang en kan getuig van die lang en uitmergelende proses waardeur ’n persoon moet gaan. Gert het genoem dat ’n persoon wat instem om een van sy organe te skenk, deur allerlei prosedures en doktersbesoeke moet gaan.

Bloedtoetse sowel as weefseltoetse moet ook gedoen word en die skenker se gesondheid moet uiters goed wees voordat hy/sy Tannie Marie het ’n trofee gewen vir die Beste Naald- en Borduurwerk oorweeg sal word as ’n ideale skenker.

Alle toetse wat gedoen word moet na die Departement van Gesondheid gestuur word vir finale goedkeuring en daarna kan die skenker steeds tot net voor die operasie onttrek indien hy/sy daarteen sou besluit. Verder het mnr.

Van Rensburg die dames vertel dat ’n nieroorplanting tot bykans 3 ure lank kan neem en daarna word beide, die ontvanger en skenker, in die Intensiewesorgeenheid opgeneem vir waarneming.

Beide partye spandeer etlike dae in die hospitaal en die verpleegpersoneel asook spesialiste maak eers seker dat die ontvanger se liggaam nie die orgaan verwerp voordat hy/sy ontslaan word nie. Dit was ’n baie leersame byeenkoms en die dames het baie uit Gert se ervarings wys geword.

Dankie vir jou besoek en die interessante feite wat jy met ons kom deel het! Die VLU-Piet Retief tak wil graag ook vir tannie Marie hartlik gelukwens met die trofee wat sy losgeslaan het. Op Maandag, 15 April, maak die dames weer só! Tot volgende keer.