Vandalisme by NG Kerk Gedenkmuur

Dit wil voorkom of vandalisme deesdae nie net meer in die middernagtelike ure in begraafplase rondsluip om kwaad te doen nie, maar nou ook sommer onwettig die plaaslike kerkterreine betree.

Volgens ’n lid van AfriForum Buurtwag is daar deur die afloop van verlede week, twee stene by die NG Kerk se Gedenkmuur beskadig deur vandalisme.

Daar is wel genoem dat die vandale blykbaar nie die kissies met as geneem het nie, maar dit agtergelaat het nadat hulle die hokkies oopgebreek het.

Lede van AfriForum Buurtwag word egter gevra om op die uitkyk te wees vir verdagte persone wat snags op kerkpersele rondsluip wanneer daar patrollie gery word.

Daar kan egter nie met duidelikheid gesê word hoekom die Gedenkmuur beskadig is nie, en ook nie hoekom vandale op ’n gereelde basis grafte in die begraafplase skend nie, maar wanneer hulle op heterdaad betrap word, behoort dit hul ’n groot genoeg skrik op die lyf te jaag om geliefdes wat reeds gesterf het, met rus te laat!