Rommelstrooiers

Rommelstrooiers het met hope swartsakke, sommiges wat oopgeskeur is en ander wat net op ’n stapel lê, al weer vroeg in die nuwe jaar hul verskyning maak!

Hier is nóg so ’n hoop vullis deur rommelstrooiers op die hoek van Tosen- en Burgerstraat! Die vullissakke is reeds oopgeskeur deur óf rondloper diere of selfs boemelaars, op soek na kos en die gemors versprei by die dag verder.

Hoekom mense hul vullis sommer net op enige plek aflaai gaan ’n mens se verstand te bowe! Mag jy op heterdaad betrap word sodat mense kan sien wie jy is!

Two murders – only days apart!

Detectives of the local SAPS are currently investigating two murder cases that have been reported only a few days apart of each other.

According to Colonel J.W. Mbongwa, Station Commander of the local Police Station, the police were called to the first murder scene during the early morning hours of Sunday, 27 January. Case information states that a 24-year old man was found in the Watersmith area, lying in a pool of blood. Upon investigation, it was found that he suffered stab wounds to his chest and succumbed to his injuries.

It is unclear as to what the motive for the killing was and the case is under investigation. At around 10:00, on Monday, 28 January, the police received a disturbing call from a lady of Eziphunzini to say that her daughter had been murdered. Police officials arrived at the property and found the 21-year old victim dead in the house.

It was clear that the victim was strangled. In both the abovementioned cases, the victims were identified but, the SAPS urge the public to come forward with any information that might lead to the successful arrest of suspects involved in these cases. Kindly contact the Police Station on 017 824 2601/02 and ask to be transferred to the Detective Services.

Pasop vir dié nuutste bankslenter

Skelms is deesdae so slinks dat hulle reeds vroeg in die nuwe jaar al weer Suid-Afrikaners vir ’n slap riem vang – wees dus maar versigtig vir die nuutste bankslenter wat die ronde doen.

Bank Fraud SMSSMS-boodskappe, aangaande jou aanlyn bankdienste van byvoorbeeld Standard Bank of Nedbank, waarsku jou – ironies genoeg – om versigtig te wees vir bankslenters. Hierdie boodskappe lui dat jou dienste opgeskort is weens ’n probleem met jou veiligheidstellings.

Op die boodskap, word daar dan vir jou ’n skakel gegee wat met tinyurl begin en jy moet daarop kliek sodat jou aanlyn bankdienste weer geaktiveer kan word. Hier is waar die rooiligte moet begin flikker:

  • Jou bank sal nooit met ’n SMSboodskap vir jou in kennis stel dat jou aanlyn bankdienste “om veiligheidsredes” opgeskort is nie
  • Indien daar wel ’n probleem met jou aanlyn bankdienste is, sal die bank dit summier opskort en jou aanraai om jou naaste tak te gaan besoek
  • ’n Bank sal jou nie vra om op ’n skakel in ’n boodskap te klik en na ’n onbekende (dalk gevaarlike) webwerf te gaan om jou dienste weer te aktiveer nie
  • Die gebruik van tinyurl in die webadres is opsigself ’n gevaarteken
  • Die woord tinyurl is ’n verkorting van ’n lang webadres maar egter ook ’n uitstekende manier om te verdoesel waarheen ’n webadres eintlik lei
  • As jy nie kan sien na watter webadres jy gelei word nie, moenie op die skakel kliek nie
  • Let op spelfoute en swak taalgebruik in die boodskappe soos byvoorbeeld: Access word dikwels as Accesst gespel en Nedbank word soms as twee woorde Ned Bank geskryf
  • ’n Mens sou dink dat as jou bank jou rêrig wil kontak oor ’n ernstige kwessie, sou hul tenminste hul eie naam korrek kan spel Wees versigtig vir enige soort boodskappe wat jy ontvang.

Indien ’n boodskap enige besonderhede bevat waar daar gevra word om na sekere webadresse te gaan en dies meer, maak eers seker dat dit nie ’n slenter is nie, want ’n eenvoudige kliek op die verkeerde skakel kan jou duur te staan kom.

Moenie laat ’n bedrieër jou ’n rat voor die oë draai nie – vee liefs hierdie boodskappe dadelik uit. Onthou ook dat dieselfde reëls geld vir e-posse wat verdag lyk.