Ultimate Braai Master

HPR Landsdiens het die jaar begin deur ’n Ultimate Braai Master kompetisie te hou en daarna is die verrigtinge afgesluit met ’n Kleurfees!

Colour Festival
Stofwolk van reenboogkleure

Four teams had the chance to battle it out around the fire and the Ultimate Braai Master competition was fierce. The judges had a hard time to decide who the winning team was as the various side dishes and braai-techniques were delicious and very creative. Dis weer tyd vir Landsdiens en op Woensdagmiddag, 30 Januarie, het Hoërskool Piet Retief se Landsdiensaktiwiteite afgeskop met ’n heerlike kompetisie.

Die Meat Brothers is aangewys as die wenners, terwyl die Konkel Kuifies tweede plek behaal het. Die BBC-span het derde plek behaal en The Five Musketeers was vierde. Dit was nou ’n oorspronklike wyse om vanjaar se Landsdiens mee te begin!

Die Kleurfees was natuurlik ’n stofwolk van allerlei kleure en die deelnemers het dit ook baie geniet! Baie dankie aan elkeen wat ’n bydrae gelewer het asook die donateurs wat die geskenkbewyse geborg het vir die wenspan.

Landsdiens 2019

2019 begin vir Laerskool Piet Retief se Landsdiensbeweging op ‘n hoogtepunt – boeresport. Op ‘n eg tradisionele manier is daar sakresies, waterballongooi, banderol, watersponsgooi en ‘n eier op ‘n lepel resies gehou. Daar is selfs gekyk wie kan eerste fluit nadat hy ‘n koekie geëet het. Daar is baie gespeel en gelag.

Na al die pret sien ons uit na die jaar se program, gevul met lekker aktiwiteite. Hier by die landsdiens dien ons, ons land deur verskillende doelwitte; nl. liefde en respek vir ons Skepper , – vir ons medemens, – vir ons natuur en om te kan werk.

Graag wil ons die gemeenskap betrek by ons projekte, soos om die dorp te help skoonmaak en plastiek te herwin. Hou ons dop hierdie jaar, want Landsdiens gaan weer rock!