Badplaas
Geweldige skade is aangerig aan die Badplaas Oord na hewige reenbuie op Vrydag, 28 Desember (foto Badplaas a Forever Resort)

Op Vrydag, 28 Desember, is vakansiegangers en personeel van Badplaas, a Forever Resort, deur vloedreën getref wat oorstromings veroorsaak het en die fasiliteite in baie skade gedompel het.

Badplaas se Facebook-blad het aangekondig dat die oord bykans 210mm reën in ongeveer twee ure ontvang het. Die vloedreën het veroorsaak dat brûe by die oord tydelik gesluit was. Bome in die kampterrein het omgeval en die swembaddens en ander fasiliteite het totaal en al oorstroom.

Die hewige reënbuie in Badplaas het groot skade aangerig aan verskeie selfsorg eenhede, restaurante, swembaddens, lapa-area, konferensie fasiliteite, die bos-lapa naby die natuurreservaat, bikini- kroeg, glybane, haarsalon, supermark, apteek, slaghuis, drankwinkel, tennisbane en dies meer.

Badplaas het egter hul gaste en besoekers as hul eerste prioriteit beskou en Noodpersoneel het hand bygesit met die opruimings en herstelwerk. Besoekers en selfs kampeerders het egter ook ingespring en bome uit die weg geruim en kampterreine opgeruim.

Met elkeen se flinke behulpsaamheid, kon vakansiegangers sommer vinnig weer die res van hulle vakansie geniet. ’n Mens kan uitsien dat dié oord sommer spoedig weer tot sy volle glorie herstel sal word.