Skoonheidskompetisie
Elzaan, Lerika en Karla het behoorlik uitgeblink by die Miss HM 2018 skoonheidskompetisie

Op Saterdag, 22 September, het drie susters van Piet Retief gaan deelneem aan die Miss HM 2018 skoonheidskompetisie, te Newcastle en hulle het goed gevaar.

Baie geluk aan Karla Botha, wat gekroon is as die wenner van die 9-13 jaar kategorie by die skoonheidskompetisie, terwyl haar suster, Lerika, as eerste prinses in dieselfde kategorie gekroon is. Ousus Elzaan was eerste prinses in die 14-18 jaar kategorie.

Elzaan het ook die Besgeklede-afdeling gewen en Karla is aangewys as die Algehele Wenner van die kompetisie, tesame met nóg titels soos Junior Algehele Wenner, Besgeklede en Persoonlikheid. Aitsa! Bly altyd so pragtig!