Kleuterzone Nasionale Kampioenskappe

Gelukwense is in orde vir Rinkel- Krinkel Kleuterskool wie se kleuters deurgedring het na Kleuterzone Nasionale Kampioenskappe.

Op Donderdag, 23 Augustus, is die gemeenskap vermaak met Rinkel-Krinkel se jaarlikse konsert waartydens kykNET se Kleuterzone ook teenwoordig was om ’n opname van die konsert te maak wat op ’n latere stadium op televisie uitgesaai sou word.

Kleuterzone het 65 inskrywings vir die kampioenskappe ontvang en nadat die paneel van beoordelaars hul finale keuse gemaak het, sal daar slegs 18 klasse in die finaal meeding. Kleuterzone het verlede week ’n lys op sosiale media gepubliseer en die skole hartlik gelukgewens wat deurgedring het.

Kleuterzone Nasionale KampioenskappeDie keuses is gemaak op grond van ’n kriteria wat moes voldoen aan die vereistes van die kompetisie sowel as televisieprogram. Die finaal vind plaas op Sondag, 4 November in Centurion by die Southdowns College se ouditorium. Rinkel-Krinkel kan met trots sê dat vier van hul liedjies gekies is en die kleinspan gaan die Chicken Song, Shongololo Shuffle, Juicy Wiggle en die Macarena Mambo opvoer.

Baie sterkte aan die kleuters, hul ouers sowel as onderwysers wat nog net ’n klein bietjie tyd het om hard te oefen. Piet Retief hou vir julle sterk duim vas! Na afloop van die kompetisie, sal die Excelsior Nuus die finale uitslae publiseer.