Nikitha Visagie
Nikitha Visagie het ernstige beserings opgedoen na n perdry-ongeluk

Nikitha Visagie se familie en vriende het dringend die gemeenskap van Piet Retief se hulp nodig nadat sy op Sondag, 7 Oktober, weens ’n fratsongeluk haar regter dybeen gebreek het.

Nikitha Visagie het perd gery en die perd het gestruikel en geval wat daartoe gelei het dat Nikitha onder die perd beland het. Ongelukkig het sy nie ’n mediese fonds nie en is na die insident in die Piet Retief Hospitaal opgeneem. Die familie is ingelig dat hulle nie plaaslik of in Ermelo op haar sal kan opereer nie, aangesien die nodige toerusting en fasiliteite nie beskikbaar is nie.

Die dokters was baie bekommerd aangesien beenmurg besig was om uit die been in weefsel in te vloei. Op Maandagaand, 15 Oktober, het Nikitha ‘n 5-ure lange operasie in ‘n privaat hospitaal te Newcastle ondergaan.

Daar is hoë kostes na die operasie en die familie het ’n hulpfonds gestig en doen ’n beroep op die gemeenskap om asseblief indien hulle ‘n weg oopsien, ‘n finansiële bydrae hierin te maak. Vir meer inligting oor die hulpfonds of bankbesonderhede, kontak gerus Nikitha se pa, Francois Visagie op 081 511 5555, of haar ma Penny Visagie op 083 868 6761.