Jannie Putter
Jannie Putter het met Piet Retief se mense kom gesels oor die uitdagings van ouerskap

Jannie Putter, ’n welbekende Sportsielkundige het op Vrydag, 14 September en Saterdag, 15 September, besoek afgelê in Piet Retief.

Laerskool Piet Retief se Beheerliggaam het die inisiatief geneem om hierdie dinamiese spreker te nooi sodat Jannie Putter die skool se personeel sowel as die gemeenskap van Piet Retief kan toespreek.

Daar is genoem dat Jannie ’n opregte mens is wat graag sy eie ervaringe, hetsy dit goed of sleg was, deel. Hy het genoem dat hy ’n aantal bitter moeilike jare deurgemaak het maar daaruit geleer het om die lewe passievol aan te pak.

Hy het die onderwysers bruikbare advies gegee oor veral wat hul oor hulself uitspreek en hoe om ’n verskil te maak in die maak of breek situasie! Een van die personeellede het sy praatjie opgesom as “’n Inspirasie”. Op Saterdag, 15 September, het hy ouers toegespreek: “Ouerskap is nie vir sissies nie”.

Die insiggewende toespraak het gehandel oor die strikke waarin ouers trap en hoe om elke situasie beter te hanteer. Jannie se besoek aan Piet Retief het ’n groot impak gehad op elke gas wat teenwoordig was.

Baie dankie aan die organiseerders asook diegene wat bereid was om ’n hand by te sit sodat die verrigtinge glad kon verloop.