Brandgevaar en hittegolwe loop hand-aan-hand
’n Lugfoto verskaf deur die MFPA tydens ’n vuur die afgelope week

Die kwik het gestyg tot diep in die 30’s en seker plekke het selfs by die 38˚C gedraai. Saam met die hittegolf, het die SAWD ook ’n waarskuwing uitgereik vir brandgevaar, wat gepaardgaan met winderige toestande.

Die afgelope week het byna elke Piet Retiewer die laaste van hul wintersklere en stewels vir eers weggepak nadat ’n drie dae hittegolf die dorp getref het.

Vanaf Maandag, 17 September, tot en met Woensdag, 19 September, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) gewaarsku dat dele van Mpumalanga, Gauteng en Limpopo ’n hittegolf sal ervaar.

Piet Retiewers het reeds op Saterdag, 15 September, baie warm gekry en ’n woordvoerder van die MFPA (Mkhondo Fire Prevention Association) het aan die Excelsior Nuus genoem dat hulle deur die loop van verlede week, twee groot vure baklei het sowel as verskeie grondvure geblus het.

Die foto is geneem op Dinsdag, 18 September om 12:27
Die foto is geneem op Dinsdag, 18 September om 12:27

Vir die komende week, dui die FDI (Fire Danger Indicator) ook hoë syfers aan vir brandgevaar en ’n mens kan maar net hoop dat onverwagse reënbuie die grond en plantasies nat genoeg sal maak, sodat brandgevaar sal afneem.