prentjiemooi omgewing. No littering
Is dit nie n skande dat n jong seun 'n ander persoon se drankbottels moet optel nie

Piet Retief is bekend vir ’n prentjiemooi omgewing en wanneer ’n pa op ’n naweek besluit om sy twee bulletjies te neem om te gaan visvang wil ’n mens mos nie vaskyk in rommel en bottels wat oral gesaai lê nie.

Hierdie pa het ’n blink plan bedink om sommer terwyl die visstokke in die water is, sy seuns in te span en saam met hulle vullis op te tel. Die spannetjie van drie het baie verrig in ’n kort tydperk en sommer vier swartsakke vol vullis weggery.

Is dit nou nie ’n uitstekende voorbeeld vir ons almal nie? ’n Mens kan steeds die natuur en al sy mooi geniet, maar ’n mens moet ook jou kinders van jongs af leer dat dit onaanvaarbaar is om rommel te strooi. Nadat jy op ’n plek vertoef het, tel sommer die ander morsjorse se vullis ook op.