Dis mini-krieket tyd!
Die junior krieketspelers by LPR is reg vir die seisoen se wedstryde

Net so goed soos wat die meer gesoute krieketspelers van Piet Retief die afgelope mini-krieket byeenkoms was, het Laerskool Piet Retief se juniors ook gewys dat hulle ’n krieketkolf en – bal baie goed kan hanteer.

Op Saterdag, 4 Augustus het Laerskool Piet Retief verskeie skole, onder andere Laerskool Amsterdam, Laerskool Amersfoort, Wittenberg Schule en JJ van der Merwe, verwelkom vir ’n aangename dag, propvol mini-krieket pret!

Dié mini-krieket byeenkoms het die perfekte geleentheid geskep vir al die jong krieketseuns, wat van kleins af al hulle vaardighede oefen en hul talente ontwikkel, terwyl hul hulself gate uit geniet het.

Dankie aan al die borge en individue wat bereid was om hand by te sit sodat alles glad verloop. Dankie ook aan aan elke entoesiastiese speler, ondersteuner en afrigter wat gesorg het vir ’n onvergeetlike sportbyeenkoms.