Sewe Piet Retiewers neem deel aan Impi Hard Enduro
Die manne het puik gevaar in die Impi Hard Enduro

Die Impi Hard Enduro vir 2018 was weereens ’n tawwe resies maar sewe van Piet Retief se gesoute motorfietsryers het uitstekende plekke behaal.

Van Donderdag, 28 Junie, tot Saterdag, 30 Junie, het dié groep gaan deelneem aan hierdie uitmergelende Impi Hard Enduro motorfietswedren, net buite Dundee.

Al die ryers van die Impi Hard Enduro het hul bes gelewer en uitgehou tot die einde. Twee deelnemers van Piet Retief, Luan Stapelberg en Pieter Potgieter, kon egter nie die Enduro klaarmaak nie weens beserings. Uit ongeveer 600 inskrywings het die Piet Retiewers goeie plekke behaal.

www.theimpi.co.za
Daar is ook tussen verskeie klip terreine gery

Op dag een was die tydwedren ongeveer 25 kilometer en almal het goed gery. Gedurende die twee dae resies, het die ryers algeheel 70 kilometer per dag, berg op en af, afgelê (brons baan).

Baie geluk aan die volgende motorfietsryers: Divan Stapelberg – 51ste Bruno Paul – 62ste Antonie Stapelberg – 70ste Pierre Mouton – 84ste Christiaan Potgieter – 140ste. “Moed, bo alle ander dinge, is die eerste kwaliteit van ’n vegter” en hierdie manne het beslis gewys dat hul goeie uithouvermoë het en gemaak is van staal want dit sit nie sommer in enigeen se broek om die Impi Hard Enduro te voltooi nie.