Gaan die munisipaliteit hulp verleen met skoonmaakoperasies?
Die areas in blou gemerk is aangeteken as lee erwe in Piet Retief se woongebied

Gaan die munisipaliteit hulp verleen met skoonmaakoperasies?Gedurende die afgelope twee weke, het lede van AfriForum vrywilliglik, en boonop op hul eie onkoste, begin om vleilande en leë erwe wat toegegroei is, skoon te maak.

Hul inisiatief is hartlik verwelkom deur Piet Retief se inwoners en verskeie besighede het ook hulp aangebied. Almal wil mos eerder in ’n skoon, netjiese omgewing woon waar kriminele nie wegkruipplek het en die velde heeltemal toegegroei is nie, of hoe? Die vraag is, gaan die plaaslike munisipaliteit hulp aanbied.

Hulle beskik oor verskeie werkers wat spesifiek vir hierdie doeleindes aangestel is. Hulle verdien ’n salaris om hierdie soort werk daagliks te verrig, maar dit word nie altyd stiptelik gedoen nie.

Die veld in Brandstraat is onlangs ook mooi skoongemaak
Die veld in Brandstraat is onlangs ook ordentlik skoongemaak

Die munisipaliteit is egter nie verantwoordelik om leë erwe skoon te hou nie en die verantwoordelik daarvan rus op die eienaar se skouers. Die munisipaliteit is slegs verantwoordelik om die vleilande en dies meer te onderhou.

Plaaslike AfriForum lede beplan om voort te gaan met die projek om die leë erwe en veldgebiede opgeruim te kry en met behulp van munisipale werkers kan hierdie projek soveel vinniger voltooi word aangesien die lede dit slegs kan doen wanneer hulle nie self by die werk moet wees of ander verpligtinge het nie.

Hierdie versoek is aan die Mkhondo Munisipaliteit gerig en terugvoering word afgewag. Indien daar ’n probleem is wat dringende aandag verg kan mnr. Vusi Dube by 082 065 4597 gekontak word.