Silwerjare Dienssentrumlede kuier weer lekker
Sunrise Restaurant het heerlike kos voorberei. Vele hande maak ligte werk

Donderdag, 12 Julie, was weer kuier-tyd en Silwerjare Dienssentrumlede het ’n aangename tyd gehad.

Die NG Kerk in Piet Retief het die seniors geborg vir ’n smaaklike ete by Sunrise Restaurant en Rhona van Blerk het die gaste vermaak met pragtige sang en voorlesing. Terwyl allerlei staaltjies om die etenstafels uitgeruil is, het die Dienssentrumlede mekaar gewys dat hul hande nog baie goed kan saamwerk en hulle het die mooiste houers uit karton gevou.

Die Silwerjare lede wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir die NG Kerk in Piet Retief hartlik te bedank vir hul bydrae asook vir Rhona vir haar mooi boodskap.