Die VLU Piet Retief tak kuier lekker saam
Die VLU Piet Retief tak kuier lekker saam

VLU Piet Retief tak. Het jy geweet dat ’n mens ’n palm turf (palm peat) gebruik wanneer jy optimale plantegroei en ontwikkeling wil verseker wanneer dit by tuinmaak of die groei van potplante kom?

Palm turf is ’n tuinbou-groeiende medium wat van ’n goeie gehalte produk gemaak word wat ontkieming van sade en lewenskragtige wortelstelsels verseker. Op Maandag, 18 Junie, het die dames van die VLU Piet Retief tak by die plaas van Elani hulle ’n draai gaan maak en hulle het behoorlik in vervoering geraak oor die pragtige omgewing, wat teen ’n berghelling geleë is.

Die VLU Piet Retief tak kuier lekker saam
Vroue Landbou Unie VLU

Elani het vir die dames ’n demonstrasie gedoen oor hoe om saadjies maklik en vinnig te laat groei. Sy het ’n palm turf blok gebruik en kookwater daaroor gegooi. Dit word dan die “grond” waarin jou saadjie geplant word.

Gooi die “grond” in ’n pot, voeg die saadjie by, voeg vermikuliet (’n mineraal wat gebruik word as grondaanvuller in landbou en tuinbou) en gee dan genoeg water. As die saadjie een maal per dag water kry, behoort dit binne twee weke te ontkiem – maklik né?

Die dames vergader weer op Maandag, 20 Augustus wanneer daar stadig maar seker uitgesien kan word na die Lente. VLU Piet Retief groete