Kan jy die vloedwaterafvoer struktuur sien?
Is dit 'n storm drein wat onder die blare-kombers uitsteek

Sien die vloedwaterafvoer struktuur in die foto en wen ’n prys! Vir inwoners in die Von Brandisstraat gebied is die alewige ophark van akkerboomblare hierdie tyd van die jaar ’n algemene dagtaak, maar wanneer hierdie blare binne die vloedwaterafvoer strukture ophoop, verstop dit baie maklik en wanneer die reën weer kom, sal die reënwater nie afgevoer kan word nie.

En dit reën mos nou ook gedurende die wintermaande by ons. Gedurende die week, is verskeie tuindienste, asook munisipale werkers en tuinwerkers gesien waar hul hope en hope blare ophark regoor die dorp weens die vloedwaterafvoer.

’n Mens kan maar net aanneem dat Von Brandisstraat se strukture ook dieselfde aandag sal kry aangesien hulle toegegooi is onder ’n kombers van herfskleurige blare.