HPR lewer uitstekende sportuitslae

Die afgelope naweek is die kaf van die koring geskei en het Hoërskool Piet Retief se netbal-, rugby- en hokkiespelers puik uitslae behaal in hul onderskeie wedstryde met uitstekende sportuitslae.

Baie geluk aan al die spelers en die uitslae is soos volg: Netbal: O/14A: speel in die kwartfinaal en wen Oosterland met 11-9. Geluk aan Thabsile Mashabane wat gekies is as speler van die wedstryd.

Gedurende die halfeindronde wedstryde, verloor HPR teen Kanonkop met 9-13 en teen Rob Ferreira met 7-10. Lindelwa Shongwe en Anzel Kuhn is genomineer as spelers van die wedstryde.

Baie geluk aan die O/14 netbalspan wat derde in die Mpumalanga Liga Finaal vir Medium Skole eindig. O/15A: wen teen Curro Nelspruit in die kwartfinaal met ’n eindtelling van 13-9 en Tiyandza Shongwe word as speler van die wedstryd aangewys.

HPR verloor teen Hoogenhout met 12-13 gedurende die eerste halfeindronde wedstryd en verloor ook teen Standerton met 13-15 tydens die tweede halfeindronde wedstryd.

Baie geluk aan Carla Creydt en Olwethu Madi wat aangewys is as spelers van hierdie wedstryde. Die O/15A netbalspan eindig derde in die Mpumalanga Liga Finaal vir Medium Skole – baie geluk! O/16A: speel in die kwartfinaal teen Barberton en wen met ’n eindtelling van 14-10. Geluk aan Nomalanga Jele wat as speler van die wedstryd gekies is.

Gedurende die halfeindronde, wen HPR teen Curro Nelspruit met ’n eindtelling van 15-9 en Siphokazi Shabalala en San-Mari Erasmus word gekies as spelers van hierdie wedstryd. HPR dring deur na die finaal en verloor teen Standerton met 9-17.

Sthuliswa Mngomezulu is aangewys as speler van die wedstryd. Baie geluk aan die O/16A netbalspan wat tweede in die Mpumalanga Liga Finaal vir Medium Skole geëindig het. Eerste Span: speel teen Penryn en wen 30-16. Judhi Rens word aangewys as speler van die wedstryd. Gedurende die kwartfinaal, wen HPR teen Rob Ferreira met ’n eindtelling van 22-12. Geluk aan Andile Bhande wat as speler van die wedstryd aangewys is.

HPR wen 16-0 teen Delmas gedurende die halfeindronde en dring deur na die finaal teen Hoogenhout. HPR verloor 24- 27 teen Hoogenhout in die finaal en eindig dus tweede in die Mpumalanga Liga Finaal vir Medium Skole.

Baie geluk aan Lara Jonker wat deur Mpumalanga skeidsregters aangewys is as speler van die wedstryd. Rugby: O/14A: wen teen Ermelo 33-19 O/15A: verloor teen Ligbron Akademie vir Tegnologie 0-41 O/15B: verloor teen Rob Ferreira 24- 33 O/16A: wen teen Ermelo 35-17 O/16B: wen teen Hoër Tegniese Skool Witbank 7-5 en word gekies as die Mpumalanga wenners – baie geluk Eerste Span: verloor teen Secunda 21-56. Hokkie: O/14’s: wen 2-0 teen Hoogenhout en verloor 1-3 teen Middelburg.