Besigheidsgholfdag
Nearest to the Pin: Ladies - C. Thomas

Besigheidsgholfdag Saterdag, 15 Junie, was die jaarlikse Besigheidsgholfdag. Met ‘n vol veld op Piet Retief Golf Club se uitsonderlike mooi gholfbaan, het elke speler die dag geniet.

Om ‘n dag soos hierdie aan te bied kan nie gebeur sonder die ondersteuning van die plaaslike besighede nie en daarom wil ons elke borg opreg bedank. Jul volgehoue ondersteuning dra daartoe by om die klub volhoubaar te maak in hierdie moeilike ekonomiese tye.

‘n Spesiale woord van dank aan Jan Hendrik Viljoen vir sy groot bydrae met hierdie dag om die span van Callaway hier na ons toe te bring.

Die uitslae was as volg: 1ste – Erwin Financial Services: E. Schutte, C. Holiday, N. De Oliviera en R. Beneke. 2de – Bosch Services: N. Singh, E Thwala, J. Dlamini en W. Nkosi 3de – Richter en Weber: E. Paul, N. Weber, S. Prigge en A. Meyer Naaste aan die pen op 4 & 13: Mans: J. Ernst Dames: C. Thomas Naaste aan die pen op 6 & 15: Mans: B. Bouwer Dames: C. Thomas Verste dryf: Mans bo 50 : B. Cooper Mans : R. Beneke Dames: S. Du Toit.

Dankie aan die gholfkomitee vir al hul moeite met die reëlings van hierdie dag asook aan Kallie Meyer vir die skaap en vark op die spit en Lydia Niebuhr vir die heerlike bykosse.

Dit word opreg waardeer. Lede word herinner om hul Presidentsbeker- wedstryde te speel voor die afsnydatums by die Piet Retief Golf Club. Happy golfing!!!