Huis Immergroen Nuus - E.M. Hohls & S.L. Mhlanga
Huis Immergroen Nuus - E.M. Hohls & S.L. Mhlanga

Huis Immergroen wil graag hiermee twee nuwe inwoners welkom heet! Baie welkom aan mev. E.M. Hohls. Mag u verblyf by dié tehuis vreugdevol wees!

A warm welcome to Mrs S.L. Mhlanga who is a new resident at Huis Immergroen. May your stay be pleasant and may you feel at home soon. Die bestuur, personeel en inwoners wil graag ook die boere van Pongola en Piet Retief hartlik bedank vir die ruim skenkings wat hulle gegee het, asook vir die ontvangs van die eiers wat aan Huis Immergroen geskenk is.

Julle bydraes maak werklik ’n verskil – baie dankie! Gedurende die afgelope week, is Huis Immergroen se inwoners weer heerlik bederf deur kuiergaste. Die organiseerders en kinders van His Kids het kom besoek aflê en die bejaardes vermaak deur pragtige liedjies vir hulle te sing. Hulle het ook die inwoners bederf met tuisgebakte kolwyntjies en almal het heerlik saamgekuier.

Tydens nog ’n besoek aan die bejaardes ten bate van Mandela Dag vieringe, het Irene Brussow, van die DA en haar span ’n heerlike oggend saam met die inwoners en personeel kom geniet. Smaaklike eetgoed is voorsien en daar is verskeie staaltjies met mekaar gedeel. Die personeel en inwoners kan tans met dankbaarheid bevestig dat die meerderheid van die inwoners perdfris en gesond is.

Hulle is werklik dankbaar dat hierdie winter nog nie ’n inpak op die inwoners gehad het nie. ‘n Opvolg aangaande die voëlhok en sy inwoners – dit gaan baie goed met die inwoners daar ook! Hulle geniet die wintersonnetjie en die bejaardes se geselskap terdeë. Daar word daagliks gekwetter en gefluit en almal is dolgelukkig!