Piet Retief Rugbyklub in die finaal teen Vryheid
Daar is behoorlik rugby gespeel die dag!

Op Vrydag, die 16de Junie, het Piet Retief Rugbyklub teen Sentraal en Volksrust te staan gekom tydens die halfeindrondte van die Noord Natal Eerste Afdeling Liga, op tuisveld.

Teen 16:30, draf Piet Retief se eerstes uit en aanskoulike rugby word teen Sentraal gespeel. Ray van der Lith en Luan Botma teken elk ’n drie aan en Jaco Botha verdoel die drieë en skop ook ’n pragtige strafskop oor. Toe die laaste minute uitloop, het die telling op 17-12 in Piet Retief se guns gestaan.

Piet Retief Rugbyklub se eerste span verseker hul plek in die finaal teen Vryheid se eerste span, eerskomende naweek. Baie geluk aan die spelers van die wedstryd! Luan Botma is gekies as agterspeler van die wedstryd terwyl Zander de Beer onder die voorspelers genomineer is.

Volgens onvoorsiene omstandighede, het Volksrust se tweede span onttrek en is Piet Retief se tweedes outomaties deur na die finaal teen Vryheid se tweedes. Daar word ’n beroep op die gemeenskap gedoen om asseblief die spelers te ondersteun waar hulle op Saterdag, die 24ste Junie, teen Vryheid se eerste – en tweede span te staan kom, op Vryheid se velde.

Afskoptyd vir die 2des is 14:00 en die 1ste span se wedstryd begin om 15:30. Moet dit nie misloop nie! Sterkte aan elke speler en bring die beker huis toe!