Home Vehicle Accidents Be Patient & Arrive Alive!

Be Patient & Arrive Alive!

Be Patient & Arrive Alive! Gedurende die afgelope week of twee het ernstige ongelukke op die omliggende paaie van Mkhondo gelei tot die afsterwe van 4 mense.

Op Maandag, die 13de Februarie, omstreeks 18:30 het die bestuurder van ’n vragmotor, beheer verloor oor die vragmotor en van die pad afgegaan weens ongure weersomstandighede. Die bestuurder was onderweg na Piet Retief vanaf die Amsterdam omgewing en geen beserings is opgedoen nie.

‘n Gru-ongeluk het die lewe van een persoon geëis tydens ’n semi kop-aan-kop botsing op Vrydag, die 17de Februarie. Gerugte lui dat die bestuurder van ‘n rooi Ford bakkie probeer het om ’n vragmotor verby te steek op pad Piet Retief toe, toe die voertuig kop-aankop gebots het met ’n wit Opel Corsa wat onderweg was na Pongola.

Daar was ook een ernstige besering en een persoon het slegs ligte beserings opgedoen. Nóg ’n ernstige ongeluk het die lewe van drie mense geëis toe ’n Ford Figo en ’n Land Rover kopaan- kop gebots het op Sondag, die 19de Februarie omstreeks 16:30. Volgens bewerings, het die Land Rover ‘n voertuig probeer verbysteek.

Die bestuurder het beheer verloor en met ‘n aankomende Ford Figo gebots, wat onderweg was na Piet Retief. Bo en behalwe die drie sterftes het een persoon ernstige beserings opgedoen en drie ander is slegs lig beseer. Wees te alle tye versigtig wanneer daar bestuur word. Let daarop dat die paaie gevaarliker is wanneer dit onweer is en reën kan veroorsaak dat die paaie nat ek glad raak.

- Advertisment -

Latest Excelsior News

Clicks advert causes nationwide upset

After an advert by TRESemmé, portraying the hair of certain ethnic groups to be inferior to those of other ethnic groups appeared on the...

Managing water resources

On Tuesday 25 August the IUCMA (Inkomati-Usuthu  Catchment Management Agency) held a meeting in Amsterdam, with various stakeholders to discuss issues regarding the management...

Fietsry vir pizza

Op Saterdag 5 September om 08:45 het 40 fietsryers (jonk en oud), met hul maskers op, by die Hoërskool gereed gestaan om te vertrek...

Cable theft cause of water crisis

Some residents were left without water since the late hours of Thursday evening 3 September. This water crisis was due to cable theft on...

19 people arrested in Kempville for land invasion

On Monday 7 September at approximately 10:00, 19 people were arrested at the Kempville turnoff for land invasion. The perpetrators were later released with a...

Accident report (31 August – 6 September)

On Monday 31 August at approximately 15:10, two people sustained minor injuries on Gerhard Böhmer Lane, after a vehicle collision between a Toyota taxi...