#SCHOOL MUST STAY
#SCHOOL MUST STAY

Met die begin van ‘n nuwe jaar hier by Hoërskool Piet Retief wag die Groentjiekonsert vinnig op sy hakke.

Hierdie jaar het ons Kultuurraad onderleiding van Armand Lombard en Elizna Stapelberg nie teruggehou met hulle skryftalent nie. Hulle het reeds verlede jaar November hulle span bymekaargeroep en begin skryf en beplan.

Elke woord het uit ons besonderse matrieks se penne gekom en was dit dan ook vir HPR ‘n groot voorreg om hierdie produksie op die planke te kon sien. Daar was gespot oor Boer Soek ‘n Vrou tot en met die akademie wat kam- stig nie moeilik genoeg is. Dankie aan ons Graad 8’s wat lang ure moes oefen en altyd gewillig was om deel te neem.

Ons verwelkom julle by ons skool en weet dat julle die HPR-pad saam met ons gaan stap met ‘n lied in die hart. Dan is daar elke jaar ‘n item wat sorg vir baie pret, hierdie jaar het daar ‘n paar zombies al die pad van die Walking Dead se stel af gekom om ons te kom vermaak. Whow! Geen woorde kan beskryf hoe besonders dit was om ons eie personeel as zombies te kon sien.

Was daar dalk ‘n boodskap Children be aware Teethers bite of was dit dalk Teethers be aware Children bite? wat die boodskap ookal moes lees, baie oorspronklik en knapgedaan onderwysers van HPR. Met so ‘n fantastiese span onderwysers is ons kinders in goeie hande … of is dit dooie hande? Die dekor, die kostuums, die beligtig, alles was net van die beste en ons sal hierdie jaar se konsert vir altyd onthou.