Danie Botha tydens sy besoek in Piet Retief saam met die lede van die jeuggroep, Ignite
Danie Botha tydens sy besoek in Piet Retief saam met die lede van die jeuggroep, Ignite

Op Saterdag, die 15de Oktober, het die bekende sanger, Danie Botha, besoek kom aflê in Piet Retief by die NG Kerksaal.

Die sangdiens is georganiseer deur die Lede van Christus Kerk in Piet Retief se jeuggroep, Ignite. Hulle het die opvoering gereël as deel van ‘n fondsinsameling vir die jeuggroep en dit was ‘n groot sukses! Danie het die gehoor vermaak deur pragtige liedjies te sing en het ook ‘n praatjie gelewer as deel van sy vertoning.

Die jeuggroep by Lede vir Christus Kerk wil graag elkeen bedank wat teenwoordig was en hulle ondersteun het. ‘n Spesiale dank aan die B@Home gastehuis wat aan Danie en sy vrou verblyf voorsien het en aan Werner by Pick n Pay, in Kerkstraat, vir die skenking van al die verversings wat in die snoepie verkoop is.

Baie dankie aan Babie Jacobs van die NG Kerk vir die reël en gebruik van die kerksaal. ‘n Baie bekende liedjie van Danie Botha speel af in ‘n mens se gedagtes: O, wenners, wenners, wenners; Wenners wil ons wees. Lewe jy met haat, lewe jy met vrees. Wenners, wenners, wenners; Wenners wil ons wees. Lewe vir ‘n toekoms, lewe om daar te wees.”