Wonder Woman
She hosted a function with Hartklopduette at Huis Immergroen recently

Nuus vanuit ‘n “olike” Huis Immergroen – Dit wil blyk of die verkoues en griep wat saam met die winter gekom het, net nie wil einde kry nie. Daar is geweldig baie inwoners wat tans siek is.

Van die tehuis se inwoners wat in die hospitaal was, is ontslaan en kan darem in die gemak van hulle eie kamers aansterk. Hopelik voel hulle almal sommer spoedig beter. Gedurende Junie- en Juliemaand was die verkoues nie so erg soos wat die mense dit tans beleef nie. Ongelukkig is nog nie al die inwoners tuis vanaf die hospitaal nie en daar word gehoop dat hulle ook vinnig sal kan terugkeer, want daar word verlang na hulle geselsies en vriendelike gesigte.

Nuus vanuit ‘n “olike” Huis Immergroen
Nuus vanuit ‘n “olike” Huis Immergroen

Hiermee saam, word die personeellede van Huis Immergroen bedank vir hulle onbaatsugtige werk. Alhoewl die personeellede ook swaar onder die verkoues en griep deurloop, is hulle nog steeds elke dag op hulle pos. Baie dankie vir die vriendelike, geduldige en professionele wyse waarop julle na die inwoners omsien, al voel julle ook soms nie heeltemal gesond nie. ‘n Welkom is in orde vir die nuwe dame wat by Villa Sandra ingetrek het. Mag u verblyf daar heerlik wees!

Daar is onlangs ‘n groot skenking van blomkool ontvang. Baie dankie daarvoor. Die kombuis het omtrent gegons soos wat daar gebak, gebrou en gewerskaf is. Heerlike kerrie-kool is voorberei en daar was selfs genoeg oor om in te lê en te vries. Welcome to Mrs Alice van den Berg who is currently visiting. It is always a pleasure to have her at the home. May you enjoy your stay thoroughly! Dit is opvallend om te sien hoe pragtig die blomme op die tehuis se voorstoep blom.

Daardie blommetjies is nou vir seker reg vir die lente. Kom ons hoop dat September ‘n bietjie reën gaan bring en daarmee saam sommer al die verkoues en griep wegwas – sodat die inwoners ook so vrolik soos die blommetjies op hulle voorstoep kan wees!


Immergroen Verwelkoming

Hierdie week wil ons graag vir mev. Bettie Combrinck baie welkom heet by Huis Immergroen.

Immergroen Verwelkoming
Mevrou Bettie Combrink

Dit is altyd lekker om nuwe gesigte te ontmoet, veral as dit ‘n vrolike en opgewekte persoon is. Tannie Bettie is ‘n baie vriendelike persoon wat te heerlik kan gesels. Sy vertel graag dat sy oorspronklik van Pongola afkomstig is en nou al vir ‘n geruime tyd woonagtig is in Piet Retief, saam haar familie. Ons hoop werklikwaar dat Mevrou se verblyf hier by ons baie aangenaam sal wees. Die inwoners geniet die wintersonnetjie en kuier elke dag heerlik saam op die stoep.

Dit sal baie waardeer word as daar weer ‘n groep of individu kan besoek aflê om vir die mense te kom musiek maak of sing. Indien daar enige iemand belangstel om ‘n draai by ons te kom maak, skakel gerus vir Ellen sodat sy die nodige reëlings kan tref by 017 826 4918. Graag bedank ons die gemeenskap vir al die donasies en skenkings wat ons die afgelope tyd ontvang het, dit word opreg waardeer. Ons verwelkom steeds enige skenkings.

Ons stel graag die publiek in kennis dat ons vakante plekke beskikbaar het vir bejaardes. Ons bied 24-uur verpleegdiens met volle versorging aan. Neem kennis dat die eiendom op die hoek van Mark- en Smitstraat steeds beskikbaar is om te huur. Die huis bestaan uit vier ruim slaapkamers, sluit tuindienste in en prepaid elektrisiteit moet self gekoop word.

Indien daar enige belangstellendes is, kontak gerus vir Ellen by 017 826 4918. Ons inwoners is uitgehonger vir geselskap, kom kuier gerus vir ons. Dit is heerlik om na die mense se verhale te luister, met ‘n glinster in hulle oë, soos hulle dit opgewonde vertel.

Immergroen groete


Huis Immergroen sê dankie en welkom

20 June 2016 – Dit is altyd lekker om nuwe gesigte te verwelkom hier by ons en ook ‘n rede tot dankbaarheid te hê. Huis Immergroen het uiteindelik ‘n nuwe verpleegdienste bestuurder!

Baie welkom Monika Meyer. Die inwoners gaan beslis baie voordeel trek uit jou kundigheid en ervaring en ons sien uit na jou vriendelike en hulpvaardige diens. Dankie Hanlie du Plessis vir raad, belangstelling en bystand gedurende die tyd wat daar nie ‘n verpleegdienste bestuurder was nie, dit word hoog op prys gestel! Dankie, Andries Erlank (Tony’s Toolhire) vir die heerlike braai op Vrydag, 3 Junie 2016.

Die inwoners se reaksie was: “Dit was nou lekker boerekos”. Julle maandelikse bederfie is altyd iets om na uit te sien. Hierdie week verwelkom ons vir Mev. Veronica Meyer te Villa Sandra, ons glo en vertrou dat Mevrou die verblyf in Villa Sandra sal geniet en sommer gou sal tuis voel. Die Afrika Jeug Evangelisasiebond (‘n Interkerklike Organisasie) het ook by ons kom inloer, ‘n boodskap gebring en pragtig gesing.

Huis Immergroen sê dankie en welkom
Huis Immergroen sê dankie en welkom

We would also like to thank the Department of Health for providing flu vaccines so that all our residents could be vaccinated. This is much appreciated. We are now all ready for the winter and its bugs. Daar is steeds elke Vrydag heerlike vetkoek en maalvleis of kerrie en rys te koop. Alle bestelings moet teen Donderdag geplaas word by Rosa (017 826 4918). Onthou om te onthou, vergeet om te vergeet om ons nie te vergeet nie…

As jy dalk in ons omgewing is, kom maak gerus ‘n draai en kom kuier vir ons. Ons geniet die geselsies vreeslik baie en as daar dalk ‘n oorvloed is (vars groente of vrugte, vleis), ons aanvaar dit met ope arms. Immergroen liefdegroete


Woelinge by Huis Immergroen

Saam met die veranderinge in die natuur, verander dinge ook so bietjie by Huis Immergoen – daar is vernuwing maar ook konstantheid en hartseer.

Die huis op die hoek van Mark- en Smitstraat is pragtig opgeknap en gereed vir nuwe huurders. Die huis is ook nog beskikbaar – kontak Ellen Koch(017 826 4918) in die verband. ‘n Nuwe inwoner word hierdie week verwelkom in Huis Immergroen. Oom Marthiens Fourie het op Dinsdagoggend, 31 Mei, by die tehuis ingetrek. Mag Oom sommer baie gelukkig wees tussen hierdie klomp liewe bejaardes en puik personeel.

One of the staff, Sibongile Nkosi, sadly died on Tuesday 24. Sibongile mostly worked at the Villa Sandra section but will be sorely missed! Huis Immergroen‘s staff and residents are like one big family and losing one member is very hard to accept. Our most heartfelt sympathy goes to her relatives and friends. May you cherish lovely memories of her. Verpleegster Ida van Vuuren se eggenoot, Mnr. Hennie van Vuuren is op Saterdag 21 Mei in Pretoria oorlede na ‘n byna vyf maande lange stryd teen limfklierkanker. Al weet ons dat hy nou rus en geen pyn meer het nie, bid ons Ida en haar familie en vriende   troos toe en sterkte met die verlang wat nou voorlê.

Mag ook julle mooi herinneringe koester en die Here se nabyheid spesiaal ervaar in hierdie moeilike tyd. Mev. H.S. Steyn, wat vanaf Oktober 2012 in die tehuis woonagtig was, is op Dinsdagoggend 31 Mei oorlede. Sy was oorlede Bennie Meyer se aanneemmoeder. Anina, Marlene, Annelie en familie word sterkte toegebid met hierdie verlies en die baie verlang. Die personeel, bestuur en inwoners betuig graag hulle innige simpatie met julle. Baie personeellede werk maar dikwels as’t ware agter die skerms en hulle harde werk word nie altyd rakgesien nie.

So werk die washuispersoneel onverpoosd voort om te sorg dat Huis Immergroen se inwoners altyd skoon en vars klere en beddegoed het. Sibongile Makhabela werk al vanaf 1988 by Huis Immergroen en reeds vanaf 1996 in die washuis. Maureen Manyathi het in 2012 by haar in die washuis aangesluit. Baie dankie Sibongile en Maureen vir julle vriendelike, aanhoudende goeie werk! Dit word waardeer. Dankie aan almal wat steeds vriende van Huis Immergroen is. Almal word genooi om by hierdie wonderlike vriendekring aan te sluit. Immergroen liefde


Nuus oor en uit Huis Immergroen

Onlangs het rillerstories oor die versorging van bejaardes die rondte gedoen, maar gelukkig is Huis Immergroen hier in ons omgewing.

Dit is weer sulke tyd: “Die jaar word ryp in goue akkerblare …” en oral om ons is die pragtigste herfskleure te sien in ons boomryke dorp. Soos wat die koue ons bekruip, doen die ouderdom dit ook en soms vang dit ons selfs heeltemal onverhooeds.  Hier kry ons geliefde ouer familielede goeie, liefdevolle versorging en word daar uit die pad gegaan om mense te help.

Die prag van die herfs in ons eie omgewing Dankie daarvoor aan almal by Huis Immergroen. Ten spyte van die skielike kouer weer gaan dit oor die algemeen goed met die inwoners. Dit is sommer lekker om oom Koos Joubert weer terug te verwelkom nadat hy ‘n draai in die hospitaal moes maak. So word Rupert Gresse ook met blydskap terugverwelkom na ‘n groot operasie. Mag hierdie twee manne gou weer heeltemal gesond wees. Die inwoners en personeel betuig graag hulle simpatie met tannie Martie Rossouw en haar familie. Haar skoonseun, Eric Delport, het op Sondag, 8 Mei, sy stryd teen kanker verloor. Mag Tannie, Annalize en al die ander familie Jesus se troos en nabyheid ervaar. Kuiertjies het maar effens opgedroog so saam met die kwyn van die somer en lyk dit of Huis Immergroen se vriende bietjie begin vergeet om te onthou.

Aangesien die winter se griep en verkoue ‘n gegewe werklikheid is, is vars produkte ‘n noodsaaklikheid om die bejaarde inwoners se gestelle mee te bou en siektes te help beveg. Is dit dan nie nou avokadopeertyd nie? Indien u dalk ‘n oorvol avokadopeerboom in die tuin het, deel asseblief bietjie met die oues van dae – dié vrug is onder andere ‘n goeie bron van gesonde (poli-onversadigde) vette en verskeie vitamiene. Dit bevat selfs meer kalium as piesangs! Geniet die koeler weer en mooi natuur en, kom kuier! Immergroen liefdegroete.


Huis Immergroen hartseer en pret

10 May 2016 – Daar is die afgelope week met groot hartseer afskeid geneem van ‘n baie geliefde inwoner – tannie Shorty Brits. Mev G.E. Brits, of tannie Shorty soos almal haar geken het, is op 3 Junie 1923 gebore en het vanaf Maart 2015 in Huis Immergroen gewoon.

Daar is ‘n paar keer in die Excelsior Nuus melding gemaak van haar pragtige breiwerk. Tannie Shorty het onlangs beroerte gehad en haar gesondheid het daarna agteruitgegaan. Op Woensdag, 20 April, moes ons haar vir die laaste keer groet, toe sy oorlede is. Daar is sommer nou baie hartseer mense in Huis Immergroen want tannie Shorty gaan baie gemis word. Die personeel en inwoners betuig graag hulle innige simpatie met haar familie. Mag julle troos vind in die mooi herinneringe wat julle aan tannie Shorty het.

Huise Immergroen - Tannie Shorty Brits 03/06/1923 tot 20/04/2016
Huise Immergroen – Tannie Shorty Brits 03/06/1923 tot 20/04/2016

Die inwoners het op 25 April al te lekker geoefen en dit boonop geniet ook! Onder toesig van ‘n fisioterapeut, is daar vrolik klein kniebuigings (“squats”) in ‘n kring gedoen. Dinsdagoggend was menige inwoner lekker styf en het ons gehoor: “Ek gaan dit nooit weer doen nie.” Dit is egter duidelik dat almal dit baie geniet het. Die Bar One-koek waarmee die fisioterapeut hulle bederf het op 26 April was beloning genoeg vir hulle harde werk – dit was heerlik!

Baie dankie. Die bestuur van Huis Immergroen bedank ook graag die Assegaai Marathonklub vir die ruim donasie wat aan hulle oorhandig is op 19 April. Dit word regtig baie waardeer. Nogmaals baie dankie aan almal wat steeds Huis Immergroenvriende is.

Immergroen liefdegroete


Nurse of the Month at Huis Immergroen

Every month one dedicated nurse at Huis Immergroen is chosen as nurse of the month because of her special qualities and the way she cares for the elderly in the home.

New nurse at Huis Immergroen 1
New nurse at Huis Immergroen 1

An ideal nurse of the month cares for all the residents with love, kindness, patience, friendliness and respect, even when some residents under certain circumstances can become difficult and even aggressive. Such a nurse serves excellently and has good leadership qualities. February’s nurse of the month is Phindi Mdluli, who displays all the above qualities and has turned out to be a very good leader too. Congratulations Phindi! Keep up your good work, it is appreciated. Ons verwelkom vandeesweek vir Mev. Elsie van Vuuren in Villa Sandra. Ons vertrou dat Tannie sommer baie gelukkig sal wees tussen al die vriendelike inwoners en personeel van Villa Sandra en Huis Immergroen.

Lede van die publiek wat nie gereeld by Huis Immergoen inloer nie, weet nie altyd hoe dinge daar werk nie, maar alle reëls en gebruike word toegepas met die uitsluitlike doel om ons geliefde oues van dae op die heel beste manier moontlik te versorg. Hulle veiligheid, gemak en gesondheid is ons eerste prioriteite. So is daar in die onlangse verlede ‘n veiligheidsdeur aangebring by die in- en uitgang van die C-gang waar die verswakte inwoners gehuisves word. Dit is uitsluitlik vir die veiligheid van diegene wat daar woon en nie om geliefde familie en ander besoekers daar uit te hou nie.

New Nurse of the Month at Huis Immergroen
New Nurse of the Month at Huis Immergroen

Familie wat baie kom kuier word in elk geval van kodes/kaartjies voorsien wat vrye toegang verseker. Jong kinders kan dit dalk nie verwerk om sekere “oumas en oupas” so behoewend te sien nie en beperkings op hulle besoeke is ingestel om ook die oordra van kieme te beperk. Alzheimerpasiënte wat sonder toesig uitbeweeg kan ook soek raak … die deur is dus ‘n noodsaaklikheid en word diegene wat so ver gedink het om dit te laat installeer, hartlik bedank.

‘n Baie tevrede en dankbare dogter vertel onlangs hoe mooi daar na “Oupa” gekyk is in die vier maande wat hy in C-gang gewoon het. Sy familie is ook tydig en ontydig by hom toegelaat en die liefdevolle sorg wat hy ontvang het, was onbeskryflik! Die bestuur en personeel bedank graag almal vir al die dankies wat ontvang word asook vir opbouende kritiek, dit word altyd baie waardeer, aangesien ons streef daarna om net die beste diens te lewer. Daar is ook tans plek beskikbaar in die tehuis – skakel gerus vir Ellen Koch by 017 826 4918. Die inwoners sien intussen uit na beloofde besoeke… Immergroen liefdegroete


Huis Immergroen se Trudie sê totsiens

Vir meer as sewe jaar lank is elkeen wat by Huis Immergroen se voordeur in- of uitgegegaan het deur een spesifieke vriendelike persoon gegroet en ontvang – Trudie Engelbrecht.

Huis Immergroen se Trudie sê totsiens
Huis Immergroen se Trudie sê totsiens

Nou het dit tyd geword om Trudie te groet. Die inwoners en personeel van Huis Immergroen het op Vrydag, 26 Februarie, tydens ‘n geselligheid van haar afskeid geneem. Vir die eetgoed is geld ingesamel onder die personeel en inwoners en Rosa-hulle het hulleself oortref met die heerlikste, tuisgemaakte, maar keurig en smaaklik voorbereide eetgoed. Trudie sê dat haar tyd by Huis Immergroen haar regtig baie geleer het en sy bedank graag die bestuur vir die geleentheid om by die tehuis te kon werk sedert 2008 en vir die geleentheid om so baie ondervinding op te doen.

“Elke inwoner is uniek en spesiaal op sy of haar eie manier en het ‘n baie spesiale plekkie in my hart.” Sy sê dat sy die personeel altyd sal onthou as mense wat omgee, wat lief en leed deel en deel is van ons bejaardes se lewens – “moet nooit vergeet hoe spesiaal julle is nie”. Trudie bedank graag in die besonder vir Ellen vir haar liefde en geduld, Rosa en haar “mean team” in die kombuis vir die heerlike eetgoed, die personeel wat tydens haar afskeidsfunksie so mooi gesing het, ds. Roelf vir sy toespraak en gebed (dit het meer vir haar beteken “as wat woorde ooit kan sê”) en laastens, maar nie die minste nie, haar ouers, Mnr. en Mev. Dekker, vir hulle teenwoordigheid.

Die pragtige sang van die personeel het baie tot trane beweeg
Die pragtige sang van die personeel het baie tot trane beweeg

Sy bedank hulle vir al die jare se volgehoue ondersteuning, liefde, raad en geduld en sê dat sy trots en bevoorreg is om hulle as ouers te kan hê. Trudie bedank Ellen en haar span vir die pragtige bos blomme en geskenk en sê: “Ellen, julle is ‘n “awesome” span by Huis Immergoen. Vat die leisels saam en span styf, soos altyd, want met jou vasberadenheid en deursettingsvermoë was elke probleem nog altyd opgelos. Dit was nog altyd met trots wat ek kon sê ek werk by die tehuis.” Sy wens Lizelle (haar opvolger) baie sterkte toe en waarsku haar dat almal in ‘n mens se hart inkruip sonder dat jy dit besef. Ten slotte vra Trudie “die Here se seën en genade oor elke inwoner, personeellid en bestuurslid van Huis Immergroen, sodat die tehuis vir nog baie jare sal bestaan.

In Hom sal ek glo en vertrou vir leiding op my nuwe pad, want deur Hom sal krag gevind word om nuwe horisonne te bereik”. Trudie se vriendelike groet oor die telefoon en by ontvangs, sal beslis gemis word en sy word alles van die beste toegebid met haar seep-onderneming. Terwyl daar gegroet word, word daar darem ook terugverwelkom. Hartlik welkom terug aan Susan Bezuidenhoudt wat na ‘n ope-rasie, en siekverlof om te herstel, weer by die tehuis aange-sluit het. Daar word gehoop en vertrou dat jy nou goeie gesondheid sal ervaar, Susan. Almal is bly om jou weer terug te hê by Huis Immergroen. Baie geluk aan tannie Marie Meyer wat op 2 Maart verjaar het. Die koek en tee was heerlik en die inwoners het dit werklik geniet!

Almal wat donasies en skenkings gee word steeds van harte bedank! Dankie vir julle omgee en onthou. So ook baie dankie aan die Methodiste Kerk se gemeentelede wat die inwoners op Vrydag, 26 Februarie, bederf het met pannekoek! Dan is daar besoekers by Villa Sandra wat ongelukkig sal moet trek. ’n Swerm bye het naamlik hulle intrek geneem in ‘n ornament en word daar nou naarstiglik gesoek na iemand om hulle te verwyder. Blykbaar is bye aan’t uitsterf as gevolg van die droogte en moet hierdie bye verkieslik na ‘n korf geskuif word. Indien u van iemand weet wat dit kan doen, skakel asseblief vir Ellen – 017 826 4918. Liefdegroete uit Huis Immergroen


Huis Immergroen loop deur onder hael

16 October 2016 – As gevolg van die haelstorm wat deur die dorp beweeg het op Vrydag, die 30ste September, het Huis Immergroen ook skade gelei.

Volgens die bestuur van die tehuis is daar heelwat vensters gebreek asook hul naambord erg beskadig. Die inwoners het omtrent gespartel om bordpapier voor die stukkende vensters te plaas om te keer dat dit nie inreën nie. Op die ou einde het die vensters nogal soos ‘n las-enplak legkaart gelyk! Gelukkig kan al die skade reggemaak word en die inwoners is steeds baie dankbaar vir die paar druppels reën wat ontvang is.

Huis Immergroen loop deur onder hael
Huis Immergroen loop deur onder hael

Dié storm het ten minste gesorg vir ‘n bietjie opwinding in die gange. Daar is ook ‘n ernstige versoek vanaf die bestuur sowel as die personeellede van Huis Immergroen. Eerstens wil hulle vir elkeen baie dankie sê wat bereid is om ‘n tydjie af te knyp om die bejaardes te kom besoek. Elke besoek wat ontvang word, word opreg waardeer en die inwoners gesels dae lank daarna nog oor hulle besoeke.

Ongelukkig skep besoekers soms ‘n moeilike situasie vir die personeellede wanneer hulle besoek aflê in die bejaardes se kamers. Die hoësorgeenheid, oftewel saal C, is glad nie toeganklik vir die publiek nie. Indien daar die nodige reëlings getref word met bestuur asook personeel, sal die inwoners met graagte na die sitkamer vergesel word en alle besoeke sal dan daar geskied.

Die inwoners se kamers is vir hulle ‘n baie privaat en soms skep dit vir hulle ‘n ongemaklikheid wanneer ongenooide gaste opdaag. ‘n Mens vergeet soms dat die hoësorgeenheid van die tehuis juis daar is vir baie siek bejaardes. Daar kan ook baie maklik siektes versprei omdat die inwoners in saal C reeds ‘n baie lae immuniteitstelsel het en hulle nie virusse maklik kan afweer nie.

Die bestuur en personeel van Huis Immergroen wil asseblief hiermee vra dat die gemeenskap hierdie versoek sal respekteer wanneer besoeke beplan word. Kom kuier gerus vir hulle, selfs al is dit oor naweke. Die besoeke is altyd genotvol vir die inwoners. Wees gerus dat die personeel te alle tye die bejaardes sal vergesel na die sitkamerarea toe en dan kan daar gekuier en gesels word na hartelus. It has been a sad week at Huis Immergroen.

Mrs Van Der Berg, a visitor from Swaziland, passed away on Saturday, the 1st of October. Condolences to her family and friends. She will be dearly missed. Daar word ook afskeid geneem van mev. Martie Rossouw wat op Dinsdag, die 4de Oktober oorlede is. Innige simpatie aan haar familie en vriende. Haar vrolike glimlag gaan gemis word. Sjoe, dit was omtrent ‘n onaangename week by die tehuis, maar gelukkig troos almal hulself daaraan dat die son môre weer sal skyn! Immergroen Liefdegroete