mondigwording
mondigwording

Die naweek het VLUM-vriendinne opgetrek na die Laeveld om die mondigwording van die organisasie te vier.

En was dit nie ‘n fees nie? Ballonne is die lug ingestuur. Daar is gekuier, geklets en gewerk met oorgawe. Amore Bekker van RSGfaam het die jaartema: “Doen DIT met passie” met egte Amore-passie voorgehou. Die kongresgangers het behoorlik aan haar lippe gehang en haar spreekbeurt van 30 minute was gans te kort. Die gala-aand se verrassing was die talentvolle Jannie Moolman wat op pittige wyse die gehoor vermaak het. Daar is tot laatnag feesgevier en foto’s geneem. Donderdag is daar gewerk, verslae goedgekeur en nuwe planne vir 2017 aangekondig:

Tema:Die krag van vrou.

Projek: Water is kosbaar.

Produk: Rooibos.

Kunstenaar: Wietske Smith.

Skrywer: Fanie Viljoen.

Bets Smith, skrywer van die jaar, het ons oor haar lekkerlees boeke ingelig. Dit is ontspanne romantiese literatuur. Ons sien sommer baie uit na wat voorlê in 2017. Margareth Janeke het ook die kongresgangers toe ge- spreek. Sy het ons ingelig oor keuses in die lewe en die impak van dwelmmisbruik op die familie en die gebruiker self. Sy het ook vertel van die totstandkoming van die BOUND projek wat die implikasie van verkeerde keuses uitlig. Wat ‘n openbaring!! Kongres bring ook altyd mee dat die VLUM-vriendinne beloon word vir hulle harde werk.

Tambukistreek, waarvan Piet Retief ook deel is, word aangewys as die wenstreek. Boonop stap Piet Retief-tak met die louere weg as die tak wat die meeste punte behaal het op die kongres. Veels geluk aan al die wenners. Ons is trots op die wenvroue. Me. Rina Potgieter word herkies as VLUM-president. Veels geluk! Ons weet dat u die taak met onderskeiding sal uitvoer. Veels geluk met die mondigwording, sukses word VLUM toegewens.