Piet Retief Tuisnywerheid groet mev. Harvey
Piet Retief Tuisnywerheid groet mev. Harvey

Tuisnywerheid se Mev. Josephine Harvey sal altyd onthou word as die “tannie” wat heeldag geloop en rakke afvee het.

Almal by die Tuisnywerheid wil graag vir mev. Harvey bedank vir haar vriendelikheid en behulpsaamheid gedurende die tydperk wat sy uitgehelp het by die winkel. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie en dit was altyd ‘n plesier om saam met haar te werk. Mev. Harvey het graag op ‘n Woensdag en Vrydag uitgehelp.

Sy het selfs mettertyd beskuit begin bak en daar verkoop. Die gemeenskap was gaande oor haar beskuit! Mev. Harvey was woonagtig te Villa Sandra, by Huis Immergroen. Sy verhuis nou na Meyerton om nader aan haar familie te wees. Die Tuisnywerheid se personeel asook die gemeenskap wens u baie sterkte toe vir die toekoms en hoop om u spoedig weer te sien.