Operasie vlei-skoonmaak!
Operasie vlei-skoonmaak!

Operasie vlei-skoonmaak! – Na aanleiding van ‘n artikel in ‘n vorige uitgawe van die Excelsior Nuus waar berig is van hoe besoedeld die dorp se vleie is, word daar nou ‘n poging aangewend om die areas op te ruim!

Gedurende die loop van verlede week, was daar ‘n groep munisipale werkers besig om die vlei onder die brug in Brandstraat skoon te maak. Die werkers was besig om al die rommel en bottels bymekaar te maak en weg te ry na die vullisterrein. Ten tye van die foto’s, was daar reeds ‘n hele hoop vullissakke gevul.

Een van die werkers het bevestig dat hulle beplan om by verskeie vleie in die dorp ‘n draai te gaan maak en op te ruim. Sal dit nie ‘n verheugenis wees as die vleie weer mooi skoon en netjies kan wees voor die somer aanbreek nie?