Vragmotor rig groot skade aan
Vragmotor rig groot skade aan

Gedurende die oggendure van Dinsdag, 12 Julie, omstreeks 01:30, was daar ‘n vragmotorongeluk op die hoek van Residensie- en Markstraat.

Ooggetuies beweer die vragmotorbestuurder het moontlik aan die slaap geraak terwyl hy besig was om deur die draai in die pad te ry. Ongelukkig het hy nie die draai gemaak nie en is reguit deur die inwoners se heining en tuin.

Daar is geweldig baie skade aan gerig aan die tuin sowel as die huis. Die inwoners het bevestig dat volgens boukontrakteurs wat reeds inspeksie kom doen het, daar heelwat krake in die huis se mure voorkom as gevolg van die impak toe die vragmotor tot stilstand gekom het teen die huis.

Die palisade heining is heeltemal verwoes en die eiendom beskik nie meer oor ‘n tuin nie. Dit is duidelik sigbaar op die foto dat dié vragmotor gelukkig net-net betyds tot stilstand gekom het, anders het hy moontlik dwarsdeur die huis se muur, tot in die voorkamer gery.