huisbrake
huisbrake

Die afgelope paar weke het huisbrake geweldig toegeneem in Piet Retief en dit is skrikwekkend hoe gemaklik boewe toegang tot ‘n mens se eiendom kan verkry.

Op Sondag, die 19de Junie 2016, was daar by ‘n dame se huis ingebreek. Sy het haar eiendom verlaat omstreeks 9:00 om ‘n kerkdiens by te woon. Ongelukkig het sy nie die alarm geaktiveer nie, maar sy het wel ‘n kamera in haar huis laat installeer wat aktief was ten tyde van die inbraak. Teen ongeveer 10:30 het sy teruggekeer van die kerk af en verbaas gesien wat plaasgevind het in haar huis.

Dit is ‘n geweldige skok vir enige iemand om jou deur oop te maak en al jou besittings lê die hele huis vol gestrooi. Op daardie stadium was sy angsbevange omdat sy gedink het die inbrekers is moontlik nog in die huis en dat sy hulle vrou-alleen betrap het. Gelukkig was die menere nie meer daar nie en is sy geen fisiese leed aangedoen nie. Sy het dadelik die polisie in kennis gestel en haar familie het haar bygestaan.

Foto 2 - VerdagteFoto 3 - VerdagteTerwyl sy gewag vir die polisie het sy agtergekom watter items vermis word. Hulle het weggekom met waardevolle juwele, haar handsak (wat haar winkel se sleutels en Saterdag se inkomste bevat het) en kledingstukke. Die kriminele het selfs so ver gegaan om bevrore vleis uit die vrieskas te steel. Die polisie het die hele huis deursoek en baie vingerafdrukke gekry, wat gestuur sal word vir analisering. Hulle het ook filmmateriaal vanaf die kamera deurgegaan, maar kon ongelukkig nie duidelike verdagtes daarop uitmaak nie.

Die een verdagte het ‘n wit baadjie gedra met ‘n swart broek en die ander man het ‘n blou oorpak aangehad. Wat skrikwekkend is, is dat die inbre- kers nog besig was in die huis omstreeks 10:24 en die dame was tuis teen 10:30. Dit beteken dat sy hulle met ‘n skrale ses minute gemis het. ‘n Mens sidder om te dink wat kon gebeur het as sy hulle wel in haar huis betrap het. Hierdie inbraak was een van ses huisbrake gerapporteer, wat plaasgevind het op dié betrokke Sondag.

Daar sal daadwerklik iets gedoen moet word aan hierdie probleem. Intussen word inwoners gemaan om áltyd paraat te wees. Moenie eens jou huis verlaat vir ‘n halfuur om ‘n brood te gaan koop sonder dat die alarm geaktiveer is en so die risiko loop dat jou huis dalk leeg-gedra kan word nie.