Bybelverspreiding
Bybelverspreiding

Bybelverspreiding – Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop, Spreuke 3:6.

Ons woon in ‘n land met ‘n hele rits uitdagings en geleenthede. Die afgelope jaar was nie sonder sy uitdagings op ekonomiese sowel as sosiale gebied nie. ‘n Swak rand, toenemende inflasie, dalende sakevertroue, stygende werkloosheid, armoede, onvoldoende dienslewering, korrupsie, misdaad, xenofobie, beurtkrag en ‘n ernstige droogte, maak alles deel uit van ons omgewing. Nieteenstaande al hierdie uitdagings, was God deur sy genade ongetwyfeld die Lig op ons pad. Ten spyte van baie uitdagings kon ons op die Here vertrou vir alles wat ons aangepak het. Hy het ons nie teleur-gestel nie.

1. Daar is meer as 1.3 miljoen volledige Bybels versprei, insluitend 945 693 Bybels in gedrukte, braille en oudioformaat, 372 682 Selfoonbybels en 1 973 e-Bybels.

2. Die geletterd-heidsreeks, My eerste Bybel Doen en Leer Boek en My 2de Bybel Doen en Leer Boek in isiXhosa is bekend gestel.

3. Die eerste Bybelgenootskap- toepassing (app), 100 Best-Loved Bible Stories is beskikbaar gestel.

Die taak duur voort en dit is belangrik dat ons op die pad vorentoe moet verseker dat die Bybelgenootskap relevant en volhoubaar bly om steeds sy visie en missie te kan uitleef. Ons glo dat Spreuke 3:6 steeds relevant is en aan ons woorde gee om aan vas te hou in hierdie tyd en konteks waarin ons leef. 2015 Oorsig