HPR atletiek
Stefan de Beer

HPR atletiek – Ons het die afgelope Vrydag ‘n heerlike middagaandbyeenkoms by Volksrust bygewoon.

Die skole wat deel was van hierdie byeenkoms was: Hoërskool Volksrust, Hoërskool Pionier en natuurlik Hoërskool Piet Retief. Ons atlete presteer weereens pragtig en gebruik ons hierdie welslae as motivering vir Interhoër op 20 Februarie 2016. Die volgende atlete word ook aan die einde van die byeenkoms beloon met ‘n trofee: Best track athlete: Girls – Lilly Carr – G U/15 – 400m – 1:02.66. Beste veldatleet: Seuns, asook beste prestasie vir die dag (Algeheel) – Stefan de Beer – S O/15 – Skyfwerp – 53.69m (Nuwe rekord) – 855 Punte op die ASA 2016 tabel. HPR is sommer baie trots op Stefan wat vroeër die week ook puik presteer het by die Top 10 byeenkoms wat by Hoogenhout gehou was. Hy gooi weereens ‘n fantastiese 55,48m (1 186 ABSA Punte) en word aangewys as die beste veldatleet vir die dag! Ons hou hierdie jongman met groot afwagting dop by vanjaar se Interhoër.

Ons atlete behaal dan ook die volgende welverdiende eerste plekke:

  • Percy Mkhwanazi – B U/19 – 100m / 200m / 400mH / 110mH.
  • Bongumenzi Dlamini – B U/17 – 100m / 200m / 110mH / 400mH.
  • Anri Smit – D O/17 – 200m / 800m / 1 500m.
  • Judhi Rens – D O/16 – Gewigstoot / Skyfwerp / Spiesgooi.
  • Stiaan Serfontein – S O/16 – 200m / Hoogspring / Verspring. Lilly Carr – G U/15 – 400m / 800m / 1 500m.
  • Awethu Vilikazi – B U/15 – 100m / 200m / Long Jump.
  • Nikita Visagie – D O/19 – 3 000m / Gewigstoot.
  • Mia Steenkamp – D O/19 – 100mH, Skyfwerp.
  • Leone Solms – D O/17 – 100mH / 400mH.
  • Ananja de Bruyn – D O/17 – Driesprong, Hoogspring.
  • Zuneldi Labuschagne – D O/16 – 100m / 100mH.
  • Bennett Davis B U/16 – Shot put / Discus.
  • Bianca Niebuhr – D O/15 – 200m / Hoogspring.
  • Stefan de Beer – S O/15 – 100mH / Skyfwerp / (Nuwe rekord).
  • Nikita Hendriks – D O/14 – 800m / 1 500m.
  • Anika Paul – D O/15 – Gewigstoot / Skyfwerp.
  • Madeli Sunkel – D O/19 – Hoogspring.
  • Hubert Filter – S O/19 – Spiesgooi.
  • Wandile Mhlongo – B U/19 – Triple Jump.
  • Azelle Landman – D O/17 – Spiesgooi.
  • Claudia Schulenburg – D O/17 – Skyfwerp.
  • Lizelle Gevers – D O/17 – Verspring.
  • Arno Grobler – S O/17 – Skyfwerp.
  • Udo BÖhmer – S O/17 – 3 000m.
  • Lara Jonker – D O/16 – Verspring.
  • Angelique Klingenberg – D O/16 – 800m.
  • Siskelo Mhlanga – B U/15 – High Jump.
  • Mhlengeni Dlamini – B U/16 – 1 500m.
  • Evert Putter – S O/15 – 1 500m.
  • Juandre Beukes – S O/15 – 400m.
  • J.C. Potgieter – S O/15 – Gewigstoot.
  • Ruben Lampbrecht – S O/15 – 300mH.
  • Rize Brits – D O/14 – Hoogspring.
  • Tiaan van der Merwe – S O/14 – 800m.
  • Aflos – D O/15. Aflos – S O/15. Aflos – D O/16. Aflos – D O/17.

Ons behaal dus 65 eerste plekke, 42 tweede plekke en 42 derde plekke. Baie dankie aan elke ouer en ondersteuner wat so getrou op julle pos langs die baan staan. Dit het sommer gevoel asof ons tuis is met soveel ouers op die paviljoen. Die kinders en afrigters waardeer u positiewe ondersteuning! Emmerentia Serfontein (Organiseerder)