Inbraak te Laerskool Piet Retief
Inbraak te Laerskool Piet Retief

Laerskool Piet Retief het gedurende die nag van 17/18 November deurgeloop onder misdaad d.m.v ‘n inbraak.

Misdadigers het vermoedelik toegang verkry tot die administratiewe-blok van die skool se kantore deur ‘n veiligheidshek te breek en wonder bo wonder die deur na die gang oopgekry. Video-opnames verkry van die sekuriteitskameras toon dat hierdie manne geweet het wat hulle doen en dalk selfs geweet het waar die alarms en kameras geïnstalleer is.

Daar is deurlopend van hoede en flitse gebruik gemaak en sover moontlik buite die gesigsveld van die kameras gebly. Bokant die alarmpaneelkissie, wat verwyder is, is ‘n groot gat in die plafon asook in die dak gesny. Die kluis is oopgebreek deurdat ‘n groot gat in die deur gesny is. Sover kon vasgestel word, is geld, ‘n tjekboek en ‘n skootrekenaar uit die kluis verwyder.

Tydens die Excelsior Nuus se besoek aan die skool, was die vingerafdrukspan van die SAPS nog besig en kon daar dus nog nie na behore gesoek word om te sien wat dalk nog ontbreek nie. Die oortreders het erg omgekrap en die inhoud van die hoof se kantoor en ander kantore was, soos in die kluis, op die vloer gesaai. Lateks-handskoene is ook oral op die vloer gevind, soos hulle dit blykbaar afgepluk en laat lê het. Die saak word ondersoek.

Inbraak te Laerskool Piet Retief
Inbraak te Laerskool Piet Retief
So is die kluis oopgesny
So is die kluis oopgesny
‘n Gat is in die plafon asook in die dak gesny
‘n Gat is in die plafon asook in die dak
gesny

DSC_0027