LPR Graad sewes hou afskeid te Badplaas
LPR Graad sewes hou afskeid te Badplaas

Die graad sewe leerders van Laerskool Piet Retief het ‘n dag vol pret op Badplaas deurgebring sodat daar van hulle afskeid geneem kon word.

Sewe jaar van swoeg en sweet en ook baie genotvolle tye is verby. Die tyd het aangebreek om van die graad 7 leerders afskeid te neem. Daarom is ‘n heerlike dag (op Maandag, 9 November) te Badplaas deurgebring. Daar het almal soos visse in die water rondbaljaar en baie pret gehad het. Beslis ‘n dag om nooit te vergeet nie. After seven years of toiling at school desks and having fun at times, the time has come to say goodbye.

The grade seven learners at the Piet Retief Primary School enjoyed a day of fun in the sun and water at Badplaas, on Monday, 9 November. This definitely was a day to be remembered and memories were made to be cherished for life. All the parents who contributed to the cost of the day are thanked sincerely and all the grade seven learners are wished a successful future. May the Lord bless and keep you.

Baie dankie aan elke ouer wat ‘n donasie gegee het, veral aan Selvyn en Rhona Niebuhr, wat ‘n groot deel van die onkostes gedra het. Elke graad 7 leerder word ‘n suksesvolle toekoms toegewens en word met hierdie gedagte uit Jesaja 41:10 gegroet: “Moenie bang wees nie, want ek is by jou. Jy hoef ook nie bekommerd rond te kyk nie, want ek is jou God. Ek sal jou help en jou krag gee en jou vashou met my magtige regterhand.”