Hou op om jou blare te brand!

Hou op om jou blare te brand! Burning Leaves

Herfsblare is pragtig, maar om van hulle ontslae te raak kan groot frustrasie veroorsaak. Dit word opgemerk dat, in Piet Retief, huiseienaars verkies om hulle blare te brand eerder as om dit te gaan weggooi.

Hierdie is veronderstel om jou laaste uitweg te wees aangesien dit gevaarlik en ekologies onverantwoordelik is. Blare word aan die brand gesteek sonder dat daar behoorlike toesig gehou word en dit gee ’n verskriklike reuk af. Daar is baie ander dinge wat jy kan doen om die blare op ’n positiewe manier te gebruik:

  • Gebruik jou grassnyer om die blare in jou tuin te maal, gebruik dan die gemaalde blare om ’n deklaag oor jou beddings en om die stamme van jou bome te maak. Deur dit te doen, sal jy die hoeveelheid onkruid wat in jou tuin groei verminder, dit help ook om vog in die grond te hou gedurende die droë seisoen.
  • As jy beplan om jou beddings te begin omspit vir volgende seisoen se blomme, voel vry om gemaalde blare in die grond in te werk. Die blare sal oor die wintermaande afbreek en as natuurlike kunsmis dien.
  • Hou jou wortelgroente, soos beet en wortels, mooi deur dit liggies met die blare te bedek, spuit dan gereeld liggies met water en sien hoe vars jou groente bly! As bogenoemde soos te veel moeite klink, plaas eerder jou blare in vullis sakke en gaan gooi dit op die stortingsterrein weg. Spyt kom altyd te laat en die spyt sal groot wees as jy jou, of ’n ander, se huis afbrand as gevolg van ’n paar blare.
Damaged refuse bags are causing a problem

Taking out the refuse is an everyday task for most households. It has recently come to our attention that the people of Mkhondo are putting their refuse bags on the sidewalk even up to a day earlier than their scheduled collection day.

This is a magnet for stray animals looking for food. Dogs and cats scavenge the bags for food, leaving them damaged and rubbish lying everywhere except where they belong, in the refuse bag! In other cases, the Municipal workers come by early in the morning, taking the bags out of the refuse structures, putting them all together on the sidewalk for easy collection later.

When they then come to collect them later in the day, the stray animals have already got hold of the bags and the contents. The worst part of this scenario is that the Mkhondo Local Municipality workers only collect the bags and just leave the rest of the content of the damaged bags, lying on the sidewalk.

Residents urge the municipality to just leave the bags in the structures until collection to overcome this problem. All property owners should get a refuse structure so that Mkhondo can be kept neat and clean.