Farm Jam prestasies

Die Niebuhrs ry in “Farm Jam Leg 2”

Op Saterdag, 25 Mei 2019, het die Niebuhr-gesin aan die “Farm Jam Leg 2” in Middelburg gaan deelneem.

Die Niebuhrs ry in “Farm Jam Leg 2”
Die Niebuhr-sibbe en hul pa

Bruno het aan die 65cc klas deelgeneem en gewen. Carla het aan die “Ladies”-klas deelgeneem en vierde gekom en Juan het aan die Amateur Aklas deelgeneem en ook gewen. Dit is maklik om te sien waar die kinders hulle passie vandaan kry. Hierdie week het hulle pa, Mark Niebuhr, ook deelgeneem in die Senior klas afdeling en het negende geëindig.

Danksy die goeie reën van die vorige aand, het hulle nie gesukkel met stof op die baan nie. Juan en Bruno sal die naweek van die eerste Junie aan die MX – Inland Motocross series deelneem, dit sal by die Manna Motocross Track in Nelspruit gehou word. Alles van die beste!

Dit wil voorkom of Piet Retief baie motorfiets-fanatikusse het met die puik uitslae wat gedurende die afgelope naweek by die Farm Jam wedren behaal is!

Die kompetisie het in Middelburg plaasgevind en verskeie ryers van Piet Retief het gaan deelneem. Die volgende uitslae is aan die Excelsior Nuus bekendgemaak en so het die ryers gevaar in hul onderskeie afdelings: Bruno Niebuhr – behaal eerste plek

Carla Niebuhr – behaal eerste plek Juan Niebuhr – behaal tweede plek Kyle Niebuhr – ry die amateur A, maar ervaar meganiese probleme Mark Niebuhr – ry vir die eerste keer in 21 jaar en behaal ’n sewende plek in die senior afdeling

Devan Smith – behaal eerste plek Stefan Vermaak – derde plek Ruan Vermaak – eerste plek Baie geluk aan elke motorfietsryer met jul pragtige uitslae!