Piet Retief Aquatics

Piet Retief Aquatics se swemmers het op 16 Maart 2019 gaan deelneem aan die 2019 SSA Vlak 1 gala in Nelspruit.

Een swemmer kon ongelukkig nie deelneem nie weens ‘n besering, maar die oorblywende 7 het hulle goed van hulle taak gekwyt. Ons verwerf 15 Goue -, 5 Silwer- en 2 Bronsmedaljes op die dag.

Die volgende swemmers slaag daarin om rekords te verbeter: Renita Paul 4 rekords, Dion Wessels 2 rekords, Mignon Schulenburg 2 rekords en Jhanu Nell 1 rekord. Ons neem ook deel aan 2 aflosse naamlik die 200 m Gemengde Vryslag en 200 m Gemengde Wisselslag. In beide die items verdien ons goud en verbeter ook beide die bestaande rekords.

Ons is trots op elke swemmer wat deelgeneem het en wil ook dankie sê aan elke ouer en ons afrigters wat so getrou ons swemmers ondersteun. Drie van Piet Retief Aquatics se swemmers gaan van 3 tot 5 April 2019 aan die 2019 SSA Vlak 2 gala te Sasolburg deelneem en ons wens hulle alle sterkte toe.