TWK Assegaai 3-in-1 Marathon

TWK Assegaai

Met bykans 540 inskrywings, het die Assegaai Marathon Klub op Saterdag, 23 Februarie, hul jaarlikse TWK Assegaai 3-in-1 Marathon gehou.

Deelnemers kon kies tussen die 42,2 -, 21,1 – en die 10 km wedlope en die ervare atlete het van hierdie geleentheid gebruik gemaak as ’n kwalifiserende ronde vir die Comrades Marathon, later vanjaar op Sondag, 9 Junie.

Besighede en organisasies het soos oudergewoonte die waterpunte behartig. Vanaf die 2 kilometer merk tot by die eindpunt kon deelnemers ’n blaaskans vat by enige van die 13 waterpunte.

Daar was ook ’n pragtige trofee op die spel vir die Beste Waterpunt van die dag en die wenners was soos volg: Eerste plek – SAPD Tweede plek – Charka Derde plek – Nadas Estate Agency Slegs die eerste drie plekke in onderskeie kategorieë word genoem: Mans (42,2 km): O. Phahlane (02:41:47), N. Maseko (02:44:34) en S. Magagula (02:50:10) Dames (42,2 km): H. Joubert (03:35:27), L. Aslett (03:48:17) en A. Pienaar (03:52:01) Mans (21 km): B. Mavuso (01:09:21), D. Masanoyo (01:13:04) en S. Hlatshwayo (01:15:05) Dames (21 km): W. Mnisi (01:33:58), M. Bean (01:38:56) en H. Madida (01:45:36) Mans (10 km): P. Kunene (33:53), N. Hlatshwayo (34:07) en M. Lushaba (35:05) Dames (10 km): S. Mabasa (36:27), X. Madida (42:34) en H. Maezane (47:45)

Die Assegaai Marathon Klub wil graag elkeen hartlik bedank vir hul ruim bydraes asook hul lojale ondersteuning. Vanjaar se marathon was weereens onvergeetlik en die deelnemers en ondersteuners sal die herinneringe vir nog lank koester.