TWK Agri Hoëveld Interhoër 16 Februarie 2019

TWK Agri Hoëveld Interhoër 16 Februarie 2019

Op ’n grou Saterdagoggend, 16 Februarie, het Hoërskool Piet Retief se opgewonde atlete gereedgemaak om te reis na Volksrust vir vanjaar se Hoëveld Interhoërbyeenkoms.

Die geleentheid is vanjaar deur Hoërskool Volksrust aangebied, met sewe deelnemende skole; Hoërskole Standerton, Secunda, Generaal Hertzog (Witbank), Hoogenhout (Bethal), Volksrust, Pionier (Vryheid) en Piet Retief se atlete was almal slaggereed, al was die baan sopnat!

Ten spyte van strawwe kompetisie en gure weerstoestande, het HPR se atlete hulself goed van hul taak gekwyt en behaal Hoërskool Piet Retief ’n algehele tweede plek! Die skool is besonders trots op hierdie prestasie en bedank hiermee elke atleet.

HPR se kreet vir die dag was “elke plek is ’n punt” en die deelnemers het verbete geveg om die eerste ses plekke te haal sodat hulle ’n punt vir hul span kon verwerf.

Ses van HPR se atlete het egter ook weggestap met ’n trofee – dit wil gedoen wees! Beste Worpe Junior Dogter – Lize de Beer (dogters O/15, skyfwerp, 33,61m m) Beste Worpe Junior Seun – Henno Delport (seuns O/15, skyfwerp, 42,05 m) Beste Worpe Senior Seun – Jandré Venter (seuns O/16, skyfwerp, met ’n nuwe Interhoër rekord van 44,87 m) Beste Hekkies Junior Dogter – Thabsile Mashabane (dogters O/15, 90 m hekkies, 14:40) Beste Middel – en Langafstand Junior Seun – Bandile Madi (seuns O/14, 800 m, met ’n nuwe rekord van 2:14:10) Junior Victor Ludorum – Bandile Madi (seuns O/14, 2 031 ASA punte) HPR verwerf ook die titel van die Beste Seunspan van die dag en die dogterspan eindig algeheel derde. Weens die reën wat maar net nie wou opklaar nie, moes verskeie items ongelukkig gekanselleer word, maar HPR het huiswaarts gekeer met ’n allemintige 20 goue medaljes! Elke goue medaljewenner is beloon met ’n stel oorfone en ’n keps. So het ons atlete gevaar: Bandile Madi – seuns O/14, 800 m en 1 500 m Thabsile Mashabane – dogters O/15, 200 m en 90 m hekkies Lize de Beer – dogters O/15, skyfwerp en gewigstoot Zander Coetzee – seuns O/15, 300 m hekkies Henno Delport – seuns O/15, skyfwerp Jandré Venter – seuns O/16, skyfwerp Tanya Moyo – dogters O/16, verspring Bertus Janse van Vuuren – seuns O/16, 800 m Deacon Pretorius – seuns O/16, 110 m hekkies Ruben Fouché – seuns O/17, 200 m, 400 m en 400 m hekkies Siyanda Blose – seuns O/17, 110 m hekkies Elizabeth Carr – dogters O/19, 800 m, 1 500 m en 3 000 m Anika Paul – dogters O/19, gewigstoot.

Die atlete behaal egter ook 19 silwer – en 12 bronsmedaljes – baie geluk! HPR bedank hiermee graag elke afrigter, atleet, dirigent en sangtoeskouer vir hul toewyding en harde werk. Saam maak almal beslis ’n fenomenale wenspan!