Pongola Rugbydag

Op Saterdag, 9 Maart, het Piet Retief Rugbyklub se Eerste – en Tweede spanne, asook hul ondersteuners en afrigters, vertrek na Pongola Rugbydag daar.

Piet Retief se spanne het soos oudergewoonte weer goeie spel gelewer en het huis toe gekeer met twee oorwinnings in die sak.

Tweede span: Die Tweede span het teen Richardsbaai se Tweede span te staan gekom en ’n uithaler wedstryd gespeel. Elke spanlid het sy bes gelewer en bygedra tot ’n wentelling van 23-12. Baie geluk manne! Eerste span: PRRK se Eerstes het die Barbarians (’n span wat bestaan het uit spelers van Zululand, Richardsbaai, Vryheid en Pongola), die stryd aangesê.

Weens uitstekende spel en goeie verdediging, kon die teëstanders nie daarin slaag om PRRK se Eerstes ore aan te sit nie en ons wen met ’n pragtige eindtelling van 35- 15. Bravo! Hierdie komende naweek is dit tyd vir die plaaslike Rugbydag saam met die legendariese rugbyspeler, Bakkies Botha.

Wedstryde sal omstreeks 12:00 afskop en die program is soos volg: 12:00 – Pongola vs Bethal 13:30 – Sentraal (Dundee) vs Ermelo 15:00 – Ladysmith vs Belfast 16:30 – PRRK se Tweede span vs Barberton se Tweede span 18:00 – PRRK se Eerste span vs Barberton se Eerste span Moet nie hierdie dag misloop nie – dit beloof om ’n heerlike geleentheid, propvol goeie rugby én geselskap te wees!

Vir meer inligting oor beskikbaarheid van kaartjies, kontak gerus vir Jacques Kruger by 079 659 6742. Daar is ook gazebo-staanplekke beskikbaar teen R100-00 per staanplek.