Laat waai, Assegaai Marathon Klub – al vir 34 jaar!

Assegaai Marathon Klub

Die Assegaai Marathon Klub het op 5 Maart 2019 hul 34ste bestaansjaar gevier (1985 – 2019)!

Volgens mev. Marina Stander, ’n oudinwoner van Piet Retief, is dié foto geneem in 1995, waar Assegaai Marathonlede aan die Hyper to Hyper wedloop deelgeneem het. Mnr. Johan Prinsloo het op daardie dag sy 100ste 42,2 km wedloop voltooi!

Die geel uitrustings was blykbaar op daardie stadium die klub se tweede stel AMKdrag. Die eerstes was wit en swart, maar teen 2019 lyk dié drag al baie anders. Laat waai, Assegaai! Lede van die Assegaai Marathon Klub is tot vandag toe steeds baie trots om hul Assegaai-frokkies te dra! Gesondheid op nóg 34 jaar!