PRRK maak skoonskip by Dundee Rugbydag

PRRK maak skoonskip by Dundee Rugbydag

Vanjaar se rugbyseisoen het op ’n oorwinningsnoot vir Piet Retief Rugbyklub se Eerste – en Tweede spanne begin toe hulle die wedstryde ingepalm het tydens die  Dundee Rugbydag op Saterdag, 23 Februarie.

Die dag het afgeskop met agt spanne, onderskeidelik Piet Retief (Eerste – en Tweede spanne), Sentraal (Eerste – en Tweede spanne), Ladysmith (Eerste span), Winterton (Eerste span), Pongola (Eerste span) en Volksrust (Eerste span) wat almal meegeding het vir die Shosholoza Beker.

PRRK se uitslae was soos volg: Tweede span: PR 2 vs Volkrust 1 – verloor 5-7 PR 2 vs Pongola 1 – wen 12-5 PR 2 vs Sentraal 1 (Dundee) – gelykop met 5 elk Halfeindstryd: PR 2 vs Winterton 1 (Drakensberge) – verloor 0-10

Die Tweede span het teen Volksrust se Eerste span uitgespeel vir derde – of vierde plek en beklink die wedstryd met ’n oorwinning van 17-5. Eerste span: PR 1 vs Sentraal 2 – wen 46-0 PR 1 vs Ladysmith 1 – wen 15-5 PR 1 vs Winterton 1 – verloor 0-15 Halfeindstryd: PR 1 vs Volkrust 1 – wen 12-0

PRRK maak skoonskip by Dundee Rugbydag
PRRK se Tweede span verwerf derde plek

Die Eerste span het in die finaal teen Winterton se Eerste span te staan gekom en behaal ’n uitstekende oorwinning van 12-5. PRRK se Eerste span word aangewys as algehele wenners van die Shosholoza Beker terwyl Winterton in tweede plek was en Piet Retief se Tweede span die derde plek behaal het.

Baie geluk aan Xander de Beer wat tydens die prysuitdeling genomineer is as Beste Voorspeler van die dag. Ondersteun gerus die rugbyspanne wanneer hulle op Saterdag, 9 Maart, in Pongola aan dié klub se rugbydag gaan deelneem.