GP Scheepers, ’n oudskolier van Hoërskool Piet Retief, het in 2018 sy Doktorsgraad in Boskunde, met proefskriftitel, verwerf!

GP Scheepers het in 2008 aan Hoërskool Piet Retief gematrikuleer en in 2009 by die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer. Hy het vanaf 2009 tot 2012 B.Sc. Bosbou en Hulpbron Bestuur en daarna vanaf 2013 tot 2014 M.Sc. Bosbou Wetenskap gestudeer.

In 2015 tot 2017 leer GP nog verder en voltooi ’n Ph.D. in Bosbou Wetenskap waarna hy uiteindelik in 2018 ’n Doktorsgraad behaal. Hierdie jong man se familie en vriende bars van trots! Baie geluk met jou uitmuntende prestasie.

Sy ma, Connie Scheepers wil graag die hoof van Hoërskool Piet Retief, asook medeonderwysers hartlik bedank vir die goeie leiding wat hul vir GP gebied het gedurende sy skoolloopbaan. “Julle het werklik ’n uitstekende voorbeeld gestel, wat op die ou einde vrugte afgewerp het!”