Agtien Feestyd ongelukke

Feestyd ongelukke

’n Totaal van agtien feestyd ongelukke, waarvan een sterfte, vier persone ernstig beseer, een in ’n bedenklike toestand gelaat en 36 persone geringe beserings opgedoen het, is gedurende die afloop van die Feestyd aan die plaaslike Mkhondo Noodeenheid gerapporteer.

Op 15 Desember teen 18:45 het die bestuurder van ’n Nissan NP200 bakkie op die Ermelopad by die Ajax nedersetting probeer indraai, uitgeswenk vir ’n aankomende voertuig, beheer verloor en sy voertuig gerol. Twee persone is lig beseer.

Een persoon het geringe beserings opgedoen na ’n ongeluk op 18 Desember, omstreeks 16:00, op die Emahlathini grondpad. Dit nadat ’n wit Nissan NP200 bakkie se band gebars het, die bestuurder beheer verloor en die voertuig gerol het.

Die bestuurder van ’n wit Mercedes Benz het teen 12:00 op Woensdag, 19 Desember, ’n ongeluk veroorsaak nadat hy beheer oor sy voertuig verloor en dit op die Wakkerstroompad gerol het. Geen beserings is tydens die ongeluk opgedoen nie.

Op 19 Desember, om 16:00, is ’n persoon lig beseer na ’n ongeluk op die Heyshopedam grondpad. Die bestuurder van ’n Mazda was vanaf Driefontein op pad na Piet Retief toe ’n voertuig voor hom remme aangeslaan het vir ’n trop beeste wat die pad onverwags versper het. Hy het uitgeswenk om ’n ongeluk te vermy en teen ’n boom gebots.

Nóg ’n ongeluk waarin een persoon beserings opgedoen het, het ook op die 19de Desember plaasgevind en Noodpersoneel is omstreeks 17:30 na die ongelukstoneel ontbied. Die bestuurder van ’n wit VW Jetta het beheer oor sy voertuig verloor en dit gerol op die Paulpietersburgpad.

Die drywer van ’n vragmotor het op Donderdag, 20 Desember, om 09:30 probeer om ’n ongeluk te vermy op die Pongolapad en in die proses op die nat padoppervlak gegly, beheer verloor en die vragmotor het omgeslaan. Daar is geen beserings tydens die ongeluk opgedoen nie.

’n Ongeluk waarin 14 mense talle beserings opgedoen het, is op 20 Desember, om 11:40 gerapporteer. Drie voertuie was in dié ongeluk betrokke, ’n wit Quantum minibus, swart-grys Kia Rio en ’n wit Ford Icon. Dit is egter onduidelik wie verantwoordelik was vir die ongeluk, maar die minibus-taxi is op sy dak aangetref.

Drie voertuie (wit VW Polo, wit BMW en ’n rooi Ford Ranger bakkie) was op Maandag, 31 Desember, omstreeks 16:25 in ’n ongeluk op die Pongolapad betrokke. Volgens die ongeluksverslag het die bestuurder van die VW Polo voor die BMW ingedraai wat veroorsaak het dat die BMW met die VW Polo van agter gebots het. Beide voertuie het beheer verloor en met die aankomende Ford Ranger bakkie gebots. Geen beserings is op die toneel aangemeld nie.

Geen beserings is opgedoen tydens ’n ongeluk op Woensdag, 2 Januarie, op die Ermelopad, omstreeks 14:20, nie. Die bestuurder van ’n Toyota Hilux bakkie was op pad Piet Retief toe vanaf Ermelo en het beheer verloor en sy voertuig gerol.

Op Donderdag, 3 Januarie, omstreeks 14:30, het daar ’n ongeluk tussen ’n wit Mercedes Benz en ’n wit Hyundai op die Pongolapad plaasgevind. Na wat verneem word, het die bestuurder van die Mercedes Benz van agter in die Hyundai vasgery nadat dié remme aangeslaan het vir beeste wat oor die pad geloop het.

Slegs een persoon is behandel vir ligte beserings. Die bestuurder van ’n silwer Fiat bakkie het op Woensdag, 9 Januarie, omstreeks 20:45 beheer verloor oor sy voertuig op die Panbult/Driefontein grondpad. Die voertuig het gerol en die bestuurder is op die toneel dood verklaar.

Nog ’n insittende het geringe beserings tydens die ongeluk opgedoen. Die bestuurder van ’n wit Toyota Hilux bakkie het op Saterdag, 12 Januarie, om 13:00, beheer oor sy voertuig verloor nadat die bakkie se band gebars het.

Die bestuurder het van die pad af beweeg en die voertuig het omgeslaan. Dertien mense is lig beseer, een was in ’n kritieke toestand en nog twee is vir ernstige beserings behandel.

Should more accidents occur before action is taken?

The residents of Piet Retief are so used to ducking and diving when driving on our roads because of the many potholes, but when potholes on a public road starts claiming lives, urgent attention is required.

Potholes in Piet RetiefIn the past, the Excelsior News has reported about an accident that occurred on the Wakkerstroom road as a result of potholes. After the accident, the potholes were fixed but, it was only a temporary solution to the problem and the potholes are now deeper than before because of the good rains received.

The community of Piet Retief is begging the Mkhondo Local Municipality to seriously contemplate the repairing of potholes immediately. Accidents and loss of life because of negligence, is unacceptable.