LPR-Koshuis bied Aksiekrieket aan

LPR-Koshuis bied Aksiekrieket aan
PRCC is gekroon as algehele wenners van die 2018 Aksiekriekettoernooi

Vanjaar se Aksiekriekettoernooi is met trots aangebied deur Laerskool Piet Retief Koshuis en was weereens ’n fenomenale sukses.

Met 12 entoesiastiese spanne; 3C Transport, Bia All Stars, Charka, Ebrahim, R&R Rebels, PRCC, Laerskool Piet Retief, AGS Fontana, Sakabula, Suikerkaskenades, Trans Nova en TWK 1, wat almal ingeskryf het vir die toernooi, was die kompetisie taai maar steeds deur elke deelnemende span terdeë geniet. Baie geluk aan die ervare span van PRCC wat weggestap het as algehele wenners.

’n Hartlike dank aan Charka Piet Retief vir jul borgskap en Neil Francis wat tydens die finale kragmeting ’n skaap op die spit geborg het. Daar word reeds uitgesien na volgende jaar se toernooi!